Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
Wees ’n goeie huismaat

Baie mense sal in een of ander stadium saam met ander mense (wat nie hul gesinslede insluit nie) onder dieselfde dak moet woon.

Wees respekvol teenoor jou huismaats om enige onenigheid te vermy. Foto: iSTOCK

Hoewel hierdie tydperk in ’n mens se lewe dikwels gekenmerk word deur sorgeloosheid omdat dit gewoonlik studente en jong mense wat hul loopbaan begin insluit, is dit steeds belangrik om verantwoordelik te wees en dat al die partye wat onder dieselfde dak woon met respek teenoor mekaar optree.

Onenigheid onder huismaats kan tot groot onaangenaamheid lei en indien hierdie probleme nie opgelos word nie, mag dit selfs ’n negatiewe impak op jou kredietwaardigheid hê wanneer jy in die toekoms vir ander blyplek wil aansoek doen.

Steve van Wyk, Seeff se besturende direkteur in Centurion, sê daarom is dit baie belangrik om probleme met huismaats te probeer vermy. Hy bied die volgende wenke:

  • Stel gereelde verpligte huisvergaderings in waar alle huisreëls bespreek word, take verdeel word en daar besluit word wie betaal vir wat en wanneer hierdie betalings gemaak moet word.
  • Wees regverdig. As een huismaat byvoorbeeld ’n baie groter kamer of binne-parkering het terwyl ander huismaats buite moet parkeer, moet die persoon met die voordele waarskynlik meer betaal as die ander.

Hou dit ook in gedagte wanneer die water- en elektrisiteitsrekening vir die maand verdeel word. As een kamermaat nooit stort nie, maar twee keer per dag bad of die oond baie meer gereeld gebruik vir bak en kook as die ander huismaats moet dit ook in ag geneem word.

  • Die huurkontrak moet in almal se naam wees. Dit beteken dat almal ’n gelyke verantwoordelikheid teenoor die eienaar het. Daarom is dit ook noodsaaklik dat alle huismaats hul deel van die huur en water-en-elektrisiteitsrekening betyds betaal.

Een slegte betaler kan veroorsaak dat die eienaar besluit om die huurooreenkoms nie te verleng nie – of selfs om regstappe teen die huismaats te neem.

  • Respekteer jou huismaats se privaatheid. As jy byvoorbeeld iemand wil oornooi om vir ’n aand by die eiendom te kom oorslaap, moet jy dit eers met jou huismaats bespreek.

Probeer ook om so min as moontlik tyd in die gemeenskaplike ruimtes (soos die kombuis en woonkamer) saam met jou gas(te) deur te bring sodat jou huismaats nie ongemaklik voel in hul eie ruimte nie.

  • As jy van plan is om te verhuis of uit die huurkontrak wil probeer kom voordat dit verstryk, moet jy eers by die eiendomsagent hoor wat jou regte is. As jy wel toegelaat word om iemand te kry om jou huurkontrak oor te neem, moet jy sorg dat jy jou huismaats genoeg kennis gee.

Moenie dat enigiemand jou huurkontrak oorneem net sodat jy kan wegkom nie. Vra jou huismaats wat hul voorkeure is en respekteer dit aangesien hulle die mense is wat saam met hierdie nuwe persoon gaan moet woon.

  • Probeer om eers probleme onder mekaar op te los voordat jy die eienaar betrek. Onthou, die eienaar is slegs op soek na ’n inkomste uit hul belegging en wil liefs nie betrokke raak by interne geskille en drama tensy dit nie absoluut nodig is nie.
  • Respekteer die eiendom se reëls soos dit in die huurkontrak uiteengesit is en herinner jou huismaats ook daaraan.

As daar byvoorbeeld ’n “geen troeteldier”-beleid is of verhuurders nie spykers in die muur mag slaan nie, moet hierdie reëls deur almal nagekom word. Onthou, as die reëls gebreek word, is almal se deposito in gedrang.

  • Wanneer een van die huismaats die eiendom verlaat om iewers anders te gaan woon, moet daar eers ’n behoorlike inspeksie gedoen word indien daardie huismaat tot die deposito bygedra het.

Dit is baie belangrik, want as daar skade aan die eiendom is en dit nie aan ’n spesifieke persoon toegeken kan word nie, kan daar onmin ontstaan wanneer die deposito weerhou word.

Meer oor:  Huisgids  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.