Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Huisgids
Huisgids
Woonstelle baie gewild

Die interessante neiging dat daar oor die afgelope jaar meer woonstelle as huise in die Waterkloof Marina-aftreelandgoed in Waterkloofrif in Pretoria verkoop is, het waarskynlik te doen met die groter vraag na meer bekostigbare aftree-eenhede in landgoedere waar daar uitstekende versorgings- en ondersteuningsdienste beskikbaar is.

’n Moderne oopplan-leefarea.

Volgens Werner van Zyl, verkoopbestuurder van dié aftreelandgoed, bied hierdie weelderige woonstelle vir baie afgetredenes die ideale geleentheid om teen meer bekostigbare pryse in ’n luukse aftreeoord te woon waar hulle die gemoedsrus het dat hulle in hul latere jare goeie ondersteuning sal geniet.

Volgens hom verkies baie woonstelbewoners ook die rustiger leefstyl in woonstelle waar hulle steeds voldoende leef- en beweegruimte in die groot tuine aan die waterfront het, maar sonder die verantwoordelikheid van instandhouding en die gepaardgaande koste daarvan.

Die woonstelle het ruim slaapkamers.

Verskeie inwoners het al hul leefstyl hier vergelyk met dié in ’n vakansiewoonstel by die see.

Die gesellige samesyn met ander inwoners, ’n verskeidenheid geriewe wat ’n aktiewe leefstyl moontlik maak en die gerief van ondersteuningsdienste wat binne maklike bereik is, maak van Waterkloof Marina se woonstelle ’n gewilde keuse.

Daar is ’n verskeidenheid luukse een- en tweeslaapkamerwoonstelle van verskillende groottes en uitlegte om van te kies. Woonstelle verkoop van so min as R1 248 000 en verhuur van so min as R6 950 per maand.

Woonstelle wat uitkyk op die water.

Enkele woonhuise, waarvan sommige ’n pragtige uitsig oor die dam bied, is ook nog beskikbaar.

Skouhuise en -woonstelle kan daagliks besigtig word. Skakel gerus om hierdie week nog dié unieke waterfront-aftreelandgoed met sy verskeidenheid leefstyl- en versorgingsfasiliteite te besigtig.

Skakel 0861 364 616 vir ’n afspraak of besoek www.retirenow.co.za vir meer inligting.

Inwoners op trapbootjies op die dam voor die woonstelle.
Meer oor:  Aftreelandgoed  |  Gewild  |  Woonstelle  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.