Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
14 staatshospitale in Gauteng wys gereeld ambulanse weg

By 14 staatshospitale in Gauteng word ambulanse met noodgevalpasiënte gereeld weggewys. Hierdie inligting is vervat in ’n voorlegging wat die Gautengse noodgevalbestuursdiens onlangs aan die gesondheidskomitee van die Gautengse wetgewer gemaak het.

Van Januarie tot Oktober vanjaar is 5 347 ambulanse na hospitale wat verder geleë is, weggewys, wat dikwels daartoe lei dat die pasiënt ’n paar uur langer moet wag om noodsaaklike behandeling te kry.

Die Thelle Mogoerane-hospitaal in Vosloorus stuur gemiddeld amper elke dag ’n ambulans na ’n ander hospitaal wat tot ’n vertraging van tot vier uur van die pasiënt se behandeling lei.

Die ander 13 hospitale waar daar oor die afgelope drie maande 15 of meer ambulanse weggewys is, is die Chris Hani Baragwanath-, Jubilee-, Charlotte Ma­xeke-, Dr. George Mukhari-, Verre Oos-Rand-, Steve Biko-, Leratong-, Tembisa-, Sebokeng-, Helen Joseph-, Kalafong-, Bheki Mlangeni-hospitaal en die Tambo-gedenkhospitaal.

In Oktober is 585 pasiënte by Gautengse staatshospitale na ander hospitale verwys. Hierby ingesluit was 245 prioriteitspasiënte, 175 swanger vroue en 131 volwasse hoësorgpasiënte.

Die gesondheidsdiens in hospitale is haglik en as die regering dink ’n kitsplan kan probleme oplos, moet hulle weer dink.

Volgens Jack Bloom, DA- woordvoerder vir gesondheid in Gauteng, veroorsaak die situasie net nog meer probleme vir staatshospitale wat reeds onder geweldige druk verkeer.

“Met ambulanse wat van een hospitaal na die volgende verwys word, is daar minder ambulanse beskikbaar om noodgevalpasiënte te help,” sê hy. “Pasiënte wat sommer op die vloer van noodgevalsale in staatshospitale lê, is al ’n alledaagse verskynsel.”

Bloom maak melding van ’n geval wat in die voorlegging genoem is van ’n persoon wat op 28 Mei 2017 aan ’n meswond beswyk het ná vyf hospitale nie tóé pasiënte met meswonde aanvaar het nie. Die naaste staatshospitaal was net 15 km weg. ’n Helikopter moes uiteindelik ingeroep word, maar het eers omstreeks twee en ’n half uur ná die eerste oproep geland en die pasiënt is net meer as tien minute later dood.

Amanda de Lange, VF Plus-LPW, die situasie in staatshospitale is uiters kommerwekkend.

“Die gesondheidsdiens in hospitale is haglik en as die regering dink ’n kitsplan kan probleme oplos, moet hulle weer dink.

“Hul nuwe voorstel, die nasionale gesondheidsversekering (NGV), is nie ’n oplossing nie. Die NGV gaan nie veroorsaak dat pasiënte beter behandeling kry, meer dokters in hospitale aangestel word en genoeg medisyne en toerusting aangekoop word nie.”

Die Gautengse departement van gesondheid het nog nie teen druktyd kommentaar gelewer nie.

Meer oor:  Gauteng  |  Ambulanse  |  Staatshospitale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.