Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Affie-gholfspeler

Christiaan Maas (16) speel al gholf vandat hy twee jaar oud is en nou is hy op pad om aan ’n toernooi in Egipte deel te neem waar hy Suid-Afrika op die baan gaan teenwoordig.

Maas, ’n gr. 11-leerling aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, is een van vier jong Suid-Afrikaanse spelers wat gekies is om in Maart aan die All-Africa Junior Golf Teams-kampioenskap in Egipte deel te neem.

Maas is saam met Casey Jarvis van Ekurhuleni, Sam Simp­son van die Wes-Kaap en Jordan Duminy van die Suid-Kaap gekies om GolfRSA te verteenwoordig op die Palm Hills-gholfbaan waar dié span gaan probeer om ’n 22ste agtereenvolgende oorwinning vir Suid-Afrika te verseker.

Christiaan Maas (16) van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria gaan volgende maand in Egipte aan ’n gholfkampioenskap deelneem.

“Hulle kies die span volgens ’n rangorde van punte wat aangeteken is nadat jy aan toernooie oor die land heen deelgeneem het. Ek het heel goed gespeel verlede jaar om my posisie in die rangorde hoog genoeg te kry om gekies te word vir die span,” sê Maas.

Sy doelwit vir die toernooi is om as deel van die wenspan weg te stap. “Ek dink ons staan ’n goeie kans om die toernooi te wen.”

Luidens ’n verklaring deur GolfRSA het Maas naam gemaak op nasionale vlak tydens verlede jaar se Dimension Data Junior-ope by Fancourt. Hy het ook tweede geëindig in die Nomads-kampioenskappe vir o.17-seuns.

“Ons is baie opgewonde om die span Egipte toe te stuur. Hulle het elkeen baie goed presteer oor die laaste 12 maande,” sê Naadir Agherdien, president van die Suid-Afrikaanse gholfvereniging.

“Christiaan het ’n baie indrukwekkende debuut verlede jaar gehad by die amateur-ope-toernooireeks met sewe toptien posisies. Hy het ook tweede geëindig in die Silver Salver- en Limpopo Stroke Play-kampioenskappe,” sê Agherdien.

Grant Hepburn, uitvoerende hoof van GolfRSA, sê die All-Africa Junior Golf Teams-kampioenskap is ’n goeie geleentheid vir dié jong spelers om in hul spel te vorder en om hulself te toets teen die beste jong gholfspelers in Afrika.

Maas sê hy is baie opgewonde om aan die kampioenskap deel te neem.

Hy sê sy planne vir wanneer hy klaar gematrikuleer het, is om Amerika toe te verhuis om gholf op kollegevlak te speel.

“Ek hoop om daarna dan professioneel te kan speel.”

Sy rolmodel in die gholfwêreld is beslis Tiger Woods, sê hy.

“Die goed wat hy reggekry het en die houe wat hy al geslaan het op spesifieke tye om ’n toernooi te wen, is uitstekend.”

Maas sê hy probeer om elke dag gholf te speel, afhangende van hoe besig sy skool se rooster lyk.

Hy speel ook vir Affies se eerste gholfspan.

Meer oor:  Afrikaanse Hoër Seunskool  |  Pretoria  |  Egipte  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.