Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Dagboek

. Nataniël tree tot 25 Januarie op in die Atterbury-teater in Pretoria in die produksie Lily Rrefuses to Listen.
. Leonardo se Poort met Jan Groenewald is Sondag by die Foxwood-teater in Houghton op die planke.
. Angel de Lange is Saterdag in Country Koors by die Barnyard-teater in Vereeniging te sien.
. Arno Carstens sing op 31 Januarie in die Blou Hond-teater in Pretoria.
Johannesburg

  • Sondag: Sluit aan by ’n staptog by die Melville-koppies. Trek gemaklike skoene aan, bring ’n hoed, sonroom, water en jou eie versnaperings. Let daarop dat kinders ouer as ses moet wees om saam te stap. Dit kos R80 per volwassene en R40 per kind. Kom 08:30 byeen by die parkeerterrein by Marks-park in Judithweg. Stuur ’n e-pos aan wendavid@mweb.co.za of tony@lelliott.co.za om meer uit te vind.
  • Sondag: Leonardo se Poortmet Jan Groenewald en Chris van der West is by die Foxwood-teater in Houghton op die planke. Die vertoning sluit ’n aantal stories en musiekoptredes in. Die vertoning begin om 15:00 en kaartjies kos R100 per persoon. Middagete kan ook om 12:30 teen R280 per persoon genuttig word.
  • 28 Januarie: Die Rocky Horror Picture Showis by die Teatro by Monte Casino op die planke. Geld word vir Yorkie Rescue Suid-Afrika ingesamel. Kaartjies kos R500 per persoon en die vertoning begin om 20:00. Vir meer inligting stuur ’n e-pos aan yorkierescue@mweb.co.za.
  • 2 Februarie: Die Suid-Afrikaanse Lipizzanersentrum het ’n vertoning by Dahliaweg 1, Kyalami. Die opvoering word beskryf as ballet op perde. Die vertoning begin om 10:30. Kaartjies is reeds op Quicket.co.za teen R170 vir volwassenes en R120 vir pensioentrekkers en kinders beskikbaar. Besoek lipizzaners.co.za om meer uit te vind.

Pretoria

  • Tot 25 Januarie: Nataniël is te sien in die produksie Lily Refuses to Listen, wat tans opgevoer word in die Atterbury-teater. Sien uit na stories in Engels en Afrikaans, liedjies uit die skatkis van tydlose blues, jazz en pop, asook oorspronklike liedjies en asemrowende kostuums. Die vertonings begin om 20:00 en kaartjies wissel van R260 tot R280. Kaartjies is beskikbaar op iTickets.
  • 31 Januarie: Arno Carstens tree op by die Blou Hond-teater. Hierdie solovertoning sluit treffers van Carstens se loopbaan as hoofsanger van die Springbok Nude Girls in. Hy sing ook van sy mees geliefde liedjies as ’n solokunstenaar. Die vertoning sluit liedjies van sy Afrikaanse album Die Aandblom 13 in. Kaartjies kos R180 en die aand begin om 21:00. Vir meer inligting besoek  iTickets.
  • 31 Januarie: In die produksie Bonjour Monsieur Brel by die Pierneefteater sing Jannie du Toit gewilde liedjies van Jacques Brel in Frans, Afrikaans, Engels en Nederlands. Saam met hom is Susan Mouton op tjello en Chanie Jonker op klavier en akkordeon. Kaartjies kos R100 en die aand begin om 19:00. Om meer uit te vind skakel 012 329 0709.

Wes-Rand

  • Saterdag en Sondag: Is 2020 die jaar van die groot dag? Gaan maak dan ’n draai by die Bruide-ekspo by die Oakfield-plaas op die hoek van Beyers Naudé- en Oakfield Farmweg, Honeydew. Meer as 180 kenners sal die ekspo bywoon en sal hul jare se ondervinding met ekspogangers deel. Lekker kos sal te koop aangebied word en daar sal ook heelwat pryse op die spel wees. Kaartjies kos R100 per persoon en kan by die hek of by Computicket gekoop word. Skakel 011 933 3464 om meer inligting te bekom.
  • Saterdag: Die Wes-Rand-tak van die Tradisionele Boeremusiekklub hou ’n dans by die Witpoortjie-ontspanningsentrum op die hoek van Suid- en Vermootenstraat, Princess, Roodepoort. Die orkeste van Ferdie van Zyl, Robbie Holm, Frik Smit en Roelf Faber gaan musiek maak. Verrigtinge begin om 17:00. Kaartjies kos R60 vir volwassenes en kinders kan gratis kom. Pak jou eie mandjie met eet- en drinkgoed. Skakel 011 955 3615 of 082 624 5308 om meer uit te vind.
  • 9 Februarie: Die eerste Cedar Tree-handwerkmark van 2020 word op 9 Februarie by die Khosa-sportklub op die hoek van Shannonweg en Frederick Cooperrylaan, Kenmare, Krugersdorp, gehou. Allerlei interessanthede sal te koop aangebied word. Hekke is van 10:00 tot 15:00 oop. Bel Chanelle by 081 500 6884 om meer uit te vind.

Oos-Rand

  • 2 Februarie: Die gospelsanger Dewald Gouws sing by die NG gemeente Brakpan-Oos. Toegang is gratis, maar ’n vrywillige kollekte word opgeneem. Die optrede begin om 09:00. Stuur ’n e-pos na ngbpnoos@gmail of skakel 011 744 3668 om meer uit te vind.
  • Saterdag: Theuns Jordaan maak by die Barn­yard-teater by Emperors Palace musiek. Die vertoning begin om 13:00 met kaartjies wat teen R170 elk bekom kan word. Skakel 011 928 1108 om kaartjies te koop.

Vaaldriehoek

  • Saterdag: Die Burns Night Experience by Emerald Casino beloof om hope pret te wees. ’n Tradisionele Skotse driegangmaaltyd word voorgesit met Dave Begg wat die vermaaklikheid verskaf. Die geleentheid begin om 19:00 en sal tot omstreeks middernag duur. Bywoning kos R200 per persoon. Besoek emeraldcasino.co.za/events/burns-night-experience vir meer inligting.
  • Saterdag: Country Koors met Rudi Claase en Angel de Lange is by die Barnyard in Vereeniging te sien. Afrikaanse en Engelse liedjies word ingesluit. Die vertoning begin om 20:00 met kaartjies wat teen R100 by die teater beskikbaar is. Skakel 016 454 8388 om meer uit te vind.
  • 2 Februarie: Die Italiaanse pianis Matteo Ramon Arevalos het ’n vertoning by die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg. Hy sal onder meer van sy eie komposisies en die van Beethoven en Chopin opvoer. Sy optrede begin om 15:00. Kaartjies kos R150 en is reeds by Computicket beskikbaar. Skakel 016 065 0022 om meer uit te vind.
Meer oor:  Dagboek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.