Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Dagboek: Beeld-Metro-Gauteng
. Rocco de Villiers en Richard Cock is op 20 Oktober saam op die verhoog by die Linder-ouditorium in Parktown.

Johannesburg

  • 21 September: Aanhangers van die Australiese kinderboekskrywer Andy Griffiths kan hom by Exclu­sive Books in Sandton City ontmoet. Wees 11:00 daar. Dis gratis.
  • 29 September: Tydens die NHN se byeenkoms om 09:30 in die MBA-konferensiesentrum, praat prof. Alex Duffey oor “Die kuns en godsdiens van die vroeë Christendom”. Vir navrae bel Johan Talma by 083 556 8711.
  • 4-13 Oktober: Die romantiese ballet Giselleis op die planke by Joburg Theatre. Met Joburg Ballet en die Johannesburg Filharmoniese Orkes. Kaartjies wissel tussen R110 en R523. Bespreek by www.webtickets. co.za.
  • 20 Oktober: Rocco de Villiers en Richard Cock snoer kragte saam in RoccoCocko om 15:00 in die Linder-ouditorium in Parktown. Kaartjies kos R200. Bespreek by Computicket.
  • 19-27 Oktober: Die jaarlikse Foxwoodfees met kuns, musiek, letterkunde, toneel en kos vind by Foxwood House in Houghton plaas. Die feeskunstenaar is prof. Leonie Scholtz en ander kunstenaars en sprekers is onder andere Hannes van Wyk, Emma van Heyn, Amanda Strydom en Amore Bekker. Daar is ook ’n huldeblyk aan die aktrise Christine Basson. Bespreek by www.skybookings.net of theatre@foxwood.co.za.

Pretoria

  • 19 September: Bouwer Bosch en Lucinda Neethling sing by die Blou Hond in Lynnwood Manor. Aandete is van 18:30 af beskikbaar met die konsert wat om 19:30 sal volg. Kaartjies kos R160 vir die konsert en R360 vir die konsert en ete. Besoek casatoscana.co.za.
  • 20 en 22 September: Die Gauteng Filharmoniese Orkes speel by die Brooklyn-teater. Vrydag se konsert begin om 19:00 en is die opening van die Gaufees. Sondag om 15:00. Geniet baie van Mozart se werk en die wêreldbekende Hiroaki Takenouchi sal onder andere te sien wees. Kaartjiepryse wissel van R180 tot R450. Kaartjies by gautengphilharmonic.co.za. Skakel 012 460 6033.
  • 23 September: Die internasionaal bekroonde Universiteitskoor Stellenbosch gee ’n spesiale uitvoering in die ZK Matthews Groot Saal by Unisa in Groenkloof. Dit begin om 20:00 en kaartjies wissel tussen R150 en R230. Bespreek by Computicket. Die koor tree ook op 24 September in Soweto op.
  • 24 September:Hardekole met onder andere Bok van Blerk, Refentse en Adam Tas word by Sun Arena by Time Square aangebied. Die pret begin om 17:00 en kaartjies is reeds op iTickets.co.za beskikbaar. Pryse wissel van R250 tot R295.
  • 26 September: Die Magalies Moot Volkslaer het ’n gholfdag by die Akasia-buiteklub. Inskrywings kos R1 600 per vierbal, wat aandete en pryse insluit. Kontak Manie by 083 737 6797 of Marinda by 072 686 1232 om meer uit te vind.
. Hiroaki Takenouchi speel Vrydag en Sondag by die Brooklyn-teater.

Wes-Rand

  • 21 September: Die Hervormde kerk Sionspoort in Randfontein en EPR Sekuriteit bied ’n pretdag aan met ’n 4x4-uitdaging met drie moeilikheidsgrade om alle vaardigheidsvlakke te toets. Baie aksie en heerlike kos, pret en vermaak, ook vir die kinders, die hele dag. Die adres is Doringfonteinpan, Rodora (R41). Bel Johan van Staden by 082 464 1547 of besoek www.epr4x4.co.za.
  • 21 September: Die NG gemeente Horison-Noord, hoek van Crane- en Hawkstraat in Horisonpark, hou van 09:00 tot 14:00 ’n lentefees. Klassieke veteraanmotors en -motorfietse word uitgestal. ’n Boereorkes sal musiek maak terwyl talle lekkernye soos pannekoek, kerrie en rys, worsrolletjies, jaffels, vetkoeke, koek en poeding, asook ’n biertuin beskikbaar sal wees. ’n Groot skerm sal die wedstryd tussen die Springbokke en All Blacks in Japan wys. Skakel 011 766 2508 vir inligting.
  • 5 Oktober: ’n Musiekfees vind by Casalinga in Muldersdrift plaas. Kunstenaars by Prime Fest sluit in Just Jinjer, The Parlotones, Jack Parow, Freshlyground en Mango Groove. Baie kosstalletjies en vermaak vir kinders. ’n Gedeelte van die opbrengs gaan aan liefdadigheid. Kaartjies wissel tussen R365 en R1 250 en R100 vir kinders. Dit begin om 11:00. Besoek www.primecircleband.com om meer te wete te kom.
  • 12 en 13 Oktober: Kansa se Relay for Life vind by die Hoërskool Bastion in Witpoortjie, Krugersdorp, plaas. Dit kos R100 vir dagbesoekers en R1 000 vir ’n span van 10. Van 18:00 tot 06:00. Kosstalletjies en musiekvertonings vir 12 ure lank. Rig navrae aan Ester Pretorius by epretorius@cansa.org.za of 011 768 4342.
. Besoek Prime Fest in Muldersdrif op 5 Oktober om onder andere The Parlotones in aksie te sien.

Oos-Rand

  • 20 tot 29 September:Peppa Pig’s Big Day Out is meer pret as ’n modderpoel. Die toneelstuk wys daagliks om 10:00, 13:00 en 18:00 in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace in Kempton Park. Kaartjies kos tussen R99 en R399. Besoek computicket.com.
  • 12 en 13 Oktober: Die Nederlandse groep BZN tree by die Big Top-arena by Carnival City in Brakpan op. Kom luister na al die treffers wat hulle ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika gemaak het, soos “Yeppa”, “Waltzing Maria” en “Mon Amour”. Kaartjies vanaf R250 per persoon.

Vaaldriehoek

  • 22 September: Ses universiteitskore is op die verhoog met Kuesta ’19 in die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg. Kaartjies wissel tussen R150 en R180. Bespreek by Computicket.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.