Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Dagboek vir Metro-Beeld
Lucinda Neethling en Bouwer Bosch sing op 19 September by die Blou Hond.

Pretoria:

  • Vandag: Die ATKV-Tak Tonteldoos bied aan Kom Lente, Liewe Lente met sang en ’n strykensemble in die NG kerksaal Faerie Glen, Glenwoodweg 429. Maak ’n skenking om die vertoning by te woon. Bel Erna by 073 1477 326 met navrae.
  • 12 September: Tom Monte, internasionaal bekende berader en skrywer, lei ’n seminaar oor die oorsake en oplossings van depressie en depressiewe gedrag. 08:00 vir 09:00 tot 13:00 by die NG kerk Elarduspark, Pretoria-Oos. Toegang is gratis, maar ’n skenking is welkom. Bespreek by dr. Johann Broodryk by 083 432 9052.
  • 14 September: Die Pretoriase Dierebeskermingsvereniging se Wag a Walk is by die Paws in the East se hondestappark in Bashewa, Pretoria-Oos. Hamburgers te koop. Die hekke open om 07:00. Kaartjies kos R100 per persoon. Gratis vir honde en kinders jonger as 12. As jy ook ’n hamburger wil hê sal ’n kaartjie jou R160 kos. Besoek pawseast.co.za.
  • 15 September: Coenie de Villiers stel om 14:30 en 19:00 sy nuwe album Coenie 2.2 by die Atterbury-teater bekend. Dis ’n jaar sedert hy Pure Coenie uitgereik het en met ’n Sama-toekenning vereer is. Kaartjiespryse wissel van R170 tot R190. Skakel 012 942 5951 om meer uit te vind.
  • 19 September:Bouwer Bosch en Lucinda Neethling sing by die Blou Hond in Lynnwood Manor. Aandete is van 18:30 af beskikbaar met die konsert wat om 19:30 sal volg. Kaartjies kos R160 vir die konsert en R360 vir die konsert en ete. Besoek casatoscana.co.za.
  • 19 tot 24 September: Die Vriende van die Oorlogsmuseum se Pretoria-tak reël ’n bustoer na die Kaapse Middellande. Die toer sal die spoor volg van rebelle uit hierdie omgewing – manne wat tydens die Anglo-Boereoorlog aan Boerekant geveg het. Vir meer inligting en om plek te bespreek op die toer bel Ansie Wondergem by 012 346 7454 of Louina Marais by 082 412 0854.
  • 5 Oktober: ’n Retro-rave-dans, met musiek van die 60’s tot vandag, vind by Utopia Place in Lynnwoodweg, Pretoria, plaas ten bate van Child Welfare Tshwane. Dit kos R1 000 per paartjie of R5 000 per tafel van 10, wat ’n heerlike ete insluit. Bespreek by Hanlie by 082 908 2295 of stuur e-pos aan hanlie@childwelfare.co.za.
Coenie de Villiers reik Sondag sy nuwe album Coenie 2.2 by die Atterbury-teater uit.

Johannesburg

  • One Day In Bethlehem deur Jonny Steinberg word by Love Books in Melville bekend gestel. Die skrywer sal in gesprek wees met Redi Tlhabi, joernalis en skrywer. 18:00 vir 18:30. Toegang is gratis, maar bevestig jou bywoning by kate@lovebooks.co.za.
  • 15 September: Tydens die NHN se byeenkoms om 09:30 in die MBA-konferensiesentrum praat prof. Pieter Botha oor: “Die vreemde afwesigheid van vroue in ons kultuur-historiese landskap”. Rig navrae aan Johan Talma by 083 556 8711.
  • 21 September: Aanhangers van die Australiese kinderboekskrywer Andy Griffiths kan hom by die Exclusive Books in Sandton City ontmoet. Wees 11:00 daar. Dis gratis.
  • 4-13 Oktober: Die romantiese ballet Giselle is op die planke by Joburg Theatre. Met Joburg Ballet en die Johannesburg Filharmoniese orkes. Kaartjies wissel tussen R110 en R523. Bespreek by www.webtickets.co.za.

Wes-Rand

  • 13 September: Die NG kerk Horison-Noord hou hul jaarlikse gholfdag vir liefdadigheid by die CMR-gholfklub in Maraisburg. Die wins sal benut word om komberse en kos vir behoeftiges in Roodepoort en Krugersdorp te koop. Dit kos R2 200 vir ’n vierbal, R1 100 vir ’n tweebal en R550 vir ’n individuele speler. Die geld sluit ’n aandete in, asook twee lootjies vir ’n geskenkpak. Jy kan ook ’n putjie teen R1 000 borg. Skakel 011 766 2508 of stuur ’n e-pos na kerkkantoor@ngkhorison-noord.co.za.
  • 14 September: Afrikaans in die wolke met Refentse, Spoegwolf, Snotkop, Leah, Lianie May, Jay, Robbie Wessels en Bok van Blerk word by die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp aangebied. Kaartjies kos R200. Gratis vir kinders onder sewe. Skakel 011 954 1032 om meer te wete te kom. Van 10:00 tot laat.
  • 21 September: Die Hervormde kerk Sionspoort in Randfontein en EPR Sekuriteit bied ’n pretdag aan met ’n 4x4-uitdaging met drie moeilikheidsgrade om alle vaardigheidsvlakke te toets. Baie aksie en heerlike kos, pret en vermaak, ook vir die kinders, die hele dag. Die adres is Doringfonteinpan, Rodora (R41). Bel Johan van Staden by 082 464 1547 of besoek www.epr4x4.co.za.
Shannon Glover as Giselle en Revil Yon as graaf Albrecht in Giselle wat eersdaags by Joburg Theatre op die planke is.Foto: Lauge Sorensen

Oos-Rand

  • 20 tot 29 September: Peppa Pig’s Big Day Out is meer pret as ’n modderpoel. Die toneelstuk wys daagliks om 10:00, 13:00 en 18:00 in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace-casino in Kempton Park. Kaartjies kos tussen R99 en R399. Besoek computicket.com.
  • 12 en 13 Oktober: Die legendariese Nederlandse groep BZN tree by die Big Top-arena by Carnival City in Brakpan op. Kom luister na al die treffers wat hulle ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika gemaak het, soos “Yeppa”, “Waltzing Maria” en “Mon Amour”. Kaartjies vanaf R250 per persoon.

Vaaldriehoek

  • 12 September: The Parlotones tree om 20:00 by die Barnyardteater in Vereeniging op. Kaartjies kos R230. Bespreek by www.barnyardvereeniging.co.za.
  • 13 September: Die bekroonde violis Tim Kliphuis is in die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg te sien saam met Nigel Clark op kitaar en Roy Percy op baskitaar. ’n Heerlike mengsel van klassieke musiek, jazz en folk. Kaartjies kos R150. By Computicket.
  • 22 September: Ses universiteitskore is op die verhoog met Kuesta ‘19 in die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg. Kaartjies wissel tussen R150 en R180. Bespreek by Computicket.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.