Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Dagboek vir Metro-Gauteng

Johannesburg

Michael Jackson se loopbaan word Saterdag by The Boss in Northcliff gevier.

  • Saterdag:Die loopbaan van Michael Jackson word Saterdag by The Boss in Northcliff gevier. Michael Jonathan sal die ikoniese popster se skoene probeer volstaan. Kaartjies kos R330, wat aandete insluit. Skakel 011 678 0259 om ’n tafel te bespreek. 
  • Op die NHN se byeenkoms om 09:30 in die MBA-konferensiesentrum in Midrand sal gesprek gevoer word oor “Die risiko’s en gevare wat faktore soos onder meer besoedeling, bevolkingsaanwas en klimaatsverandering vir die oorlewing van die mens inhou”. Bel Johan Talma by 083 556 8711 vir navrae.
  • Tot Sondag:The Rocky Horror Show is by die Teatro by Montecasino op die planke. Dis ’n splinternuwe produksie van een van die wêreld se gunstelingmusiekspele. Kaartjiepryse wissel van R100 tot R500. Tye van vertonings wissel van dag tot dag. Besoek tsogo­sun.com vir meer inligting.
  • Saterdag: Die Bond teen Wreedheid teenoor Diere bied ’n pretloop vir die mens en sy beste vriend aan. ’n Roete van ongeveer 4 km sal gevolg word. Die geleentheid begin om 16:00 by die Roosevelt High School langs die Emmarentia Botaniese Tuin. Inskrywings kos R50 per hond. Agt mense mag een hond vergesel. Kaartjies is op Howler.co.za beskikbaar.

Pretoria

 Mathys Roets
Mathys Roets is een van die kunstenaars wat te sien is in die Drie dromers-konsert by The Bearded Butcher in Pretoria.
CH2
Die kitaarduo CH2 is te sien in Olé!, ’n Spaanse produksie, in die Atterbury-teater.
  • Môre: Jannie Moolman en Blackie Swart maak saam musiek in die konsert Brandewyn en melktert, wat in die Centurion-teater aangebied word. Swart is meer as net “Liewe Lulu” en Moolman meer as net “Nessun dorma”. Van “Liewe Lulu” tot “O boereplaas”, van Dire Straits tot Engelbert Humperdinck, en tussenin Koos du Plessis, Johannes Kerk­orrel, Lucas Maree en ’n paar lekker verrassings om die aand mee af te rond. Kaartjies kos R130 en kan op TixSA bespreek word.
  • Môre: Die legendariese kitaar-duo CH2 werk saam met die Montoya- Spaanse dansers in ’n nuwe produksie, Olé!, aangebied deur Spanish Fire in die Atterbury-teater. Verwag Spaanse treffers van die Gipsy Kings, komposisies uit die pen van CH2 asook liedjies van internasionale en Suid-Afrikaanse kuns­tenaars. Die aand begin om 20:00 en kaartjies kan vanaf R180 tot R250 op iTickets gekoop word.
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan sal optree by vanjaar se Randfontein-skou van 5 tot 8 Maart.
  • 14 Maart:Die Drie dromers-musiekkonsert word by The Bearded Butcher in Montanapark gehou. Geniet ’n aand saam met Mathys Roets, Erik Holm en Charné Hugo, wat die eerste keer saam in Suid-Afrika optree. Die konsert is ten bate van die Adaptive Sports Fund. Kaartjies sluit ’n ete in. Die konsert begin om 18:00 en kaartjies kan teen R350 op iTickets gekoop word.

Wes-Rand

  • Saterdag: Die TV-prediker Shawn Bolz is die gasspreker by ’n aanbiddingsgeleentheid by die Break­thru Life-kerk in Weltevredenpark. Bethany Wohrle van die Bethel-kerk in Kalifornië sal die samesang lei. Die geleentheid begin om 18:30 en kaartjies kan teen R20 elk op Quicket.co.za bekom word.
  • 5 tot 8 Maart: Dis weer tyd vir die jaarlikse Randfontein-skou. Die skou word vanjaar vir die 34ste keer aangebied. Besoekers kan uitsien na vliegtuigvertonings, speelplek vir kinders, lekker eetgoed en lewendige musiek. Onder andere Demi-Lee Moore, Robbie Wessels, Kurt Darren en Theuns Jordaan sal musiek maak. Die skou word by die Greenhills-stadion gehou. Kaartjies is reeds op Compu­ticket beskikbaar. Pryse wissel van R35 tot R75.
  • 15 Maart: Die Randse Simfonieorkes speel om 15:30 by die Roodepoort-teater. Musiek uit Verdi se Ouverture tot La forza del destino sal onder meer by die program ingesluit word. Kaartjiepryse wissel van R120 tot R175. Stuur e-pos na isabel@randsymphony.co.za om meer uit te vind.

Oos-Rand

  • Saterdag: Die volgende Benoni-mark word Saterdag gehou. Daar sal meer as 40 stalletjies wees, waar alles van kuns tot plante en lekker eetgoed verkoop sal word. Toegang is gratis. Dit word van 09:00 tot 15:00 by Benoniweg 28 aangebied. Skakel 062 804 4259 met navrae.
  • 14 Maart: Die DBV Kempton Park hou ’n St. Patrick-dag-vasvra by die Kempton Park-gholfklub. Spanne van vier kan vir R200 en ’n sak droë kos vir ’n troeteldier inskryf. Die eerste vraag word om 19:00 gevra. Bespreek by manager@kemptonspca.co.za
  • 6 Maart: Die NG gemeente Brakpan-Oos hou kerkbasaar. Daar sal baie te eet en drink te koop wees. Besoekers kan ook uitsien na ’n klomp ander stalletjies. Die basaar begin om 16:00. Bel Hester by 011 744 3668 met navrae.

Vaaldriehoek

  • Vrydag tot Sondag: Die Emerald Speed Fest word by die Emerald-casino aangebied. Allerlei voertuie van renmotors tot veteraanmotors sal te sien wees. Kaartjiepryse wissel van R135 tot R250. Kaartjies en meer inligting is by Computicket beskikbaar. 
  • Sondag: Ds. Henry Stopforth verskyn in ’n skreeusnaakse eenmanvertoning in die NG gemeente Driehoek, Vanderbijlpark. Die stuk se naam is Meneer, professor, dokter, dominee. Die vertoning begin om 18:00 en kaartjies is teen R50 persoon beskikbaar. Bel Christa by 016 932 3218 om kaartjies te koop. Dié gemeente hou ook Saterdag sy kerk­basaar. Daar sal allerlei lekkernye te koop aangebied word.
  • 12 Maart: Simon & Garfunkel se treffers word by die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg gesing. Verwag ’n dinamiese optrede met ’n vars aanslag op die legendariese groep se liedjies. Kaartjies is by Computicket beskikbaar. Pryse wissel van R180 tot R220 per kaartjie.
Meer oor:  Dagboek  |  Doendinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.