Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Gautengse skole loop deur onder diewe en vandale

Gautengse skole het sedert 2019, nog voor die inperking begin het, meer as 700 gevalle van diefstal, inbraak en vandalisme aangemeld, maar net meer as 60 mense is in verband met hierdie gevalle in hegtenis geneem.

Hierdie inligting is vervat in antwoorde wat Faith Mazibuko, LUR vir onderwys in Gauteng, op vrae van Khume Ramulifho, DA-LW en woordvoerder vir onderwys, in die provinsiale wetgewer verskaf het.

Ramulifho meen dis ’n kommerwekkende situasie. “Dis kommerwekkend dat soveel gevalle aangemeld is en so min arrestasies gemaak is,” sê hy.

“Die syfers sluit nie eens gevalle wat tydens die inperking aangemeld is in nie.

“Met dié dat daar so min mense in hegtenis geneem is, is dit duidelik die skoolveiligheidstrategie is nie effektief nie en die polisie prioritiseer nie die sake nie. Daar is nie eens verslae om te wys hoe die ondersoeke vorder nie.”

Maar Mazibuko sê in haar antwoord op Ramulifho se vrae daar is planne in plek om veiligheid by skole te verskerp.

Dit dui op die afwesigheid van ’n behoorlike veiligheidsplan vir skole en die algemene onvermoë van die polisie om skole en gemeenskappe na behore te beskerm.

“Die polisie beskou die vermindering van misdaad en geweld in skole as ’n prioriteit,” sê sy.

“By sommige skole is daar kringtelevisie, hekke, hoë ligte en wagte aangebring.

“Daar is ook skoolveiligheidspanne op die been gebring en elke skool is direk met die plaaslike polisiekantoor verbind. Plaaslike polisiëringsforums speel ook ’n belangrike rol om veiligheid by skole te verskerp.”

Volgens Mazibuko het bogenoemde maatreëls ’n positiewe invloed op die veiligheid by skole gehad. Sy noem van drie verdagtes wat vir dwelmverkope by ’n skool in Lenasia in hegtenis geneem is. Voorts is meer as 300 skole tydens ’n teen-boelie en -verslawing veldtog besoek.

Ramulifho meen steeds die departement van onderwys kan meer doen. “Die departement verloor miljoene aan diefstal en inbrake en daar word nie veel gedoen om skole se bates te beveilig nie,” sê hy. “Onopgeleide wagte wat nie wapens het nie gaan nie veel uitrig nie.”

Anton Alberts, VF Plus-LW, sê die geweldige hoë misdaadsyfers en uiters swak arrestasiesyfers ten opsigte van skoolverwante misdaad is skokkend.

“Dit dui op die afwesigheid van ’n behoorlike veiligheidsplan vir skole en die algemene onvermoë van die polisie om skole en gemeenskappe na behore te beskerm,” sê hy.

“ ’n Groot oorsaak van die swak polisiëring is die gebrek aan professionaliteit in die polisiediens weens regstellende aksie wat vir kaderontplooiing aangewend word. Sodoende word die polisie ’n werkagentskap vir ANC-lede met die regte kontakte.”

Meer oor:  Faith Mazibuko  |  Gauteng  |  Vandalisme  |  Vandale  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.