Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Gehoorverlies keer haar nie om te sing

Ché Nel (13), ’n gr. 8-leerling aan die Helpmekaar-kollege in Johannesburg, het as vierjarige die senuwee in haar regteroor sodanig beskadig dat sy glad nie meer met dié oor kan hoor nie. Maar sy droom steeds daarvan om ’n suksesvolle sangeres te word.

“Die gebruik van ’n antibiotikum het tot my gehoorverlies gelei,” sê sy.

“Ek kan nie hoor waar ’n klank vandaan kom nie en ek sukkel ook om hoë frekwensies te hoor.”

Die goeie nuus is dat Ché se gehoor nou stabiel is en nie met tyd verswak nie.

“Nadat ek die skade opgedoen het, is daar gesê ek sal nooit kan sing nie, maar ek is trots om te sê ek het almal verkeerd bewys,” sê Ché. “Waar daar ’n wil is, is daar ’n manier.”

Ché Nel (13), ’n gr. 8-leerling aan die Helpmekaar-kollege in Johannesburg, is doof in haar regteroor, maar sy droom steeds van ’n loopbaan as sangeres.

Ché se liefde vir musiek kom van haar ouma wat graag gesing en klavier gespeel het. Vir Ché gaan dit nie maklik wees om ’n loopbaan as sangeres te volg nie.

“Ek moet meer as ander mense oefen en fokus op die vibrasie van die musiek,” sê sy. “Die energie van die musiek is vir my belangriker aangesien ek met sekere tegniese aspekte beperk is.”

Ché onthou hoe sy op laerskool gespot is oor haar gehoorverlies. Sy het ook onder boelies deurgeloop.

“Ek sê nou vir die boelies en hul ouers dankie, want hulle het my ’n sterker en meer gemotiveerde mens gemaak,” sê sy. “Ek het tot die besef gekom ’n mens kan nie almal tevrede stel nie, maar ek het dit so aanvaar.

“Ek is dankbaar vir die ongelooflike span mense wat my nou help. My ma is my grootste hulp. Ons baklei soms, maar ons het mekaar baie liewer.”

Ché se gunstelingkunstenaars is Ariana Grande, Christina ­Aguilera en Shawn Mendez. Haar musiek is haar prioriteit, maar sy geniet dit ook om te lees, perd te ry en om te dans. Ché toer ook graag en sy het al by geleentheid tydens ’n toer in die VSA opgetree.

“SoLow”, Ché se eerste internasionale liedjie, word eersdaags uitgereik. “Dis ’n liedjie vir tieners wat misbruik was en in die proses seergekry het of dié wat geboelie was,” sê sy.

“Ek wil meer geleenthede kry om op my eie op te tree en ek wil beslis voor 2025 op ’n wêreldtoer gaan. My droom is om met my musiek mense se lewe te raak en hulle te motiveer.”

Meer oor:  Gauteng  |  Musiek  |  Sing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.