Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Geniet Erfenisfees by Voortrekkermonument

Vanjaar se Erfenisfees by die Voortrekkermonument word Saterdag van 09:00 tot 15:00 gehou. Dit beloof om ’n heerlike dag vir die hele gesin te wees.

Die Voortrekkermonument in Pretoria. Foto: Argief

Daar gaan kerse gegiet word, mielies word gemaal, botter gemaak, voorlaaier geskiet en swepe sal gevleg word. Ongetwyfeld moet Ben Raubenheimer se brood wat hy in ’n miershoop bak nie misgeloop word nie.

Onder die dak van die amfiteater sal daar verskeie stalletjies wees wat alles van handwerk tot ingelegde produkte en tuisgemaakte happies sal verkoop.

Die Boeremusiekgilde maak die hele dag musiek, die kanon Susanna sal om 11:30 afgevuur word en Jak de Priester sing om 12:00. ’n Groot skerm onder die amfiteater se dak sal die rugby tussen die Springbokke en die All Blacks vertoon. Die jongspan kan uitsien na gesigverf, kettie skiet en verf op klei.

Toegang kos R30 per motor. Spesiale parkeerplek word vir gestremdes verskaf. Stuur ’n e-pos na thea@vtm.org.za om meer uit te vind.

  • Die Voortrekkermonument se volgende Antiekmark word op Erfenisdag gehou. Besoekers aan die mark kan oudergewoonte uitsien na verskeie oudhede wat te koop aangebied sal word. Die mark begin om 09:00 en sal teen 15:00 klaarmaak. Soos met die Erfenisfees is toegang R30 per motor.
Meer oor:  Erfenisfees  |  Voortrekkermonument
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.