Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
‘Grilgryper’-skrywer in Pretoria vir Mandeladag

Hoe lank woon jy al in Djedda?

Ek is al nege jaar by ’n Britse internasionale skool ’n onderwyser. Ek gaan in Augustus vir ’n tiende jaar terug.

Waar het jy grootgeword?

Ek het in die Boland op ’n wingerdplaas grootgeword. Ons het af en toe in Pretoria vakansie gehou.

Vir die oningeligte, wie is De Wet Hugo?

Ek is ’n laerskoolonderwyser en skrywer. Ek woon in die Midde-Ooste en reis soveel as wat ek kan na Spanje. Ek glo dat kinders meer sal lees as ons hulle sal toelaat om te lees oor dit wat hulle interesseer en waarvan hulle hou.

Hoe is jy by die Kolonnade Retail Park se Mandeladag-aktiwiteite betrek?

Ek is besig met ’n skooltoer saam met Henk Viljoen vir die vierde Grilgryper-boek. Hy en sy gesin het in 2006 bekendheid verwerf toe kanker by sy seun Hanco, wat toe 13 jaar oud was, gediagnoseer is. Hulle het meer as 100 000 teddiebere vir kinders met kanker ingesamel. Henk is al sedert 2012 in ’n vennootskap met die Kolonnade Retail Park wat geldinsamelings en dies meer insluit. So, is ek ook betrek.

Wat is op die program?

Ek en Henk besoek ’n paar skole in Gauteng en Noordwes met die idee om lees te bevorder. Dit sal ook kinders en ouers die geleentheid gee om met ons te gesels. Hulle sal my onder meer vrae kan vra oor die geheime van my skryfproses.

Wie sal die program die meeste geniet?

Ek glo Afrikaanssprekende kinders sal dit die meeste geniet. Maar ek dink tog Engelssprekende kinders wat graag in hul tweede taal lees, sal dit ook interessant vind. Só sal enigiemand wat van die Grilgryper-boeke hou ook die program geniet.

Wat het Nelson Mandela vir jou beteken?

Ek was 11 jaar oud toe Mandela president geword het. Ek het hom as ’n held beskou, soos alle kinders mos opkyk na hul leiers. Toe ek eers in die buiteland gaan woon, het ek ook besef hoe gerespekteer en geliefd hy oor die wêreld heen was. Die eerste woorde wat enige iemand altyd sê wanneer hulle hoor ek is ’n Suid-Afrikaner, is: “Nelson Mandela!”

Wat is die belangrikste lesse wat ons by hom kan leer?

Ons kan beslis by hom leer van vergifnis en verdraagsaamheid, maar ook van die belangrikheid van ’n goeie opvoeding en geleerdheid.

Wat is jou hoop vir Suid-Afrika?

My hoop vir Suid-Afrika is dat ons ’n vreedsame, liefdevolle en verdraagsame nasie sal wees wat nooit sal ophou lees nie.

  • Die verrigtinge op 18 Julie begin om 10:00 by Pick n Pay by die Kolonnade Retail Park.
Meer oor:  Mandeladag-Vieringe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.