Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Helpende Hand kry nog ’n groot skenking

Die Douw Steyn-familietrust het onlangs ’n derde skenking aan Solidariteit se Helpende Hand gemaak om die hongersnood, wat tydens die Covid-19-pandemie skerp gestyg het, te help verlig. ’n Deel van die jongste R5 miljoen-kosskenking is gemik op die nood onder die middelklas.

Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, sê ’n bedrag word aan gesinne toegeken wat sedert die inperking hul werke weens afleggings verloor het.

“Sedert die inperking ingestel is, kon Helpende Hand deur die hoeveelheid aansoeke om hulp sien hoe drasties die nood in die middelklas gestyg het,” sê hy.

Solidariteit se Helpende Hand het onlangs ’n derde groot kosskenking van die Douw Steyn-familietrust gekry. Volgens Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, het die aantal aansoeke wat hulle vir hulp gekry het sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie drasties gestyg.

“Die kosvoorraad wat ons van die Douw Steyn-familietrust tesame met Steyn City Properties en Telesure Investment Holdings gekry het, gaan met die hulp van ons takke en vrywilligers aan gesinne in al nege ons streke versprei word wat deur ons maatskaplike werkers geassesseer is.

“Korttermynhulp word dus gebied aan geassesseerde gesinne wie se inkomste deur die Covid-19-pandemie se ekonomiese gevolge geraak word. Helpende Hand probeer so om vir gesinne die kans te bied om planne te maak terwyl ons hulle met ’n kospakkie ondersteun as aanvulling tot die basiese kruideniersware wat hulle benodig.”

Die Douw Steyn-trust het in April die eerste skenking aan Helpende Hand gemaak. R2 miljoen is toe geskenk waarmee 2 000 kospakkies opgemaak is.

Elke kospakkie kan ’n gesin van vier mense vir ’n maand onderhou.

Nóg R5 miljoen het in Mei gevolg waarna Helpende Hand die Krisisfonds gestig het.

Sedertdien het meer as 19 000 gesinne en 1 500 instansies daarby baat gevind. Helpende Hand en die Krisisfonds kry geen hulp van die staat nie.

Dié fonds het nou al nagenoeg R23 miljoen ingesamel. Besoek krisisfonds.co.za om die Solidariteit-beweging te onder-steun of SMS die woord HAND na 45763.

Meer oor:  Helpende Hand  |  Skenking  |  Kos  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.