Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Helpende Hand vier 40 000-mylpaal

Die welsynsorganisasie Solidariteit Helpende Hand se ondersteunertal het te midde van die Covid-19-pandemie die 40 000-kerf verbygesteek.

Volgens Hannes Noëth, Helpende Hand se uitvoerende direkteur, is dit nie net ’n gewone mylpaal nie, maar ’n mylpaal van hoop.

“Die pandemie mag ons dalk onkant betrap het, maar dit het ook ons krag gewys,” sê hy. “Mense moet besef dat ons hierdie mylpaal gehaal en verbygesteek het in ’n tyd van Covid-19, in ’n tyd van krisis, in ’n tyd van uitdagings en in ’n tyd van beproewing.

“Ons sien hoe mense in hierdie tyd na mekaar uitreik en omsien. In hierdie tyd sê mense ons verbind ons aan ’n organisasie wat hom wy aan gestruktureerde, volhoubare armoedeverligting en die verbreking en voorkoming van armoede.”

Helpende Hand se bestuur – Hannes Noëth, Johan Nel, Lizanne Coetzee, Antoinette Deysel en René Roux – vier die organisasie se groot mylpaal van 40 000 ondersteuners by die Voortrekker- monument. Foto: Verskaf

Noëth meen Helpende Hand se groei dui daarop dat ondersteuners die organisasie raaksien as ’n betroubare pilaar van hoop.

“Vir ons is die mylpaal van 40 000 nie ’n getal nie,” sê Noëth. “Dit is name, dit is mense wat deel is van ons familie en dit is ’n ondersteunersbasis. Dit is ’n groep mense wat beskerm en omgee en wat kies om deel van ander se lewens te wees.

“Vir elkeen van daardie ondersteuners sê ons dankie dat julle deel is van ons familie en ons nooi ander mense om ook deel te word van Helpende Hand se familie van ondersteuning, toevou en omgee vir mekaar.” – Marthinus Koekemoer

Meer oor:  Helpende Hand  |  Mylpaal  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.