Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
In ‘Lekker tye’ gaan dit vir Pieter oor kuier

Die Pretorianer Pieter Marcato het pas sy jongste liedjie “Lekker tye” bekend gestel. Metro-Beeld het hom hieroor en oor ’n paar ander goed uitgevra.

Waar het jy grootgeword?

Pieter Marcato het pas sy jongste liedjie “Lekker tye” bekend ge-stel. Snaaks genoeg het hy dit geskryf nes die Covid-19 inperking begin het.

Ek het in Pretoria grootgeword, by die Hoërskool Zwartkop skoolgegaan en in 2005 klankingenieurswese geswot.

Hoe het jy begin musiek maak?

Ek het op 14 begin kitaar en klavier speel. Ek het op skool saam met ’n band begin speel. In 2008 het ek die band Marcato begin en vandaar het my professionele musiekloopbaan begin.

Wat is jou eerste musiek herinneringe?

Toe ek jonk was, het my ma altyd na Bon Jovi geluister en ek dink dis waar ek my eerste ervaring van musiek gekry het.

Wie is die eerste groep van wie jy n aanhanger was?

The Offspring. Toe ek hul album Americana gehoor het, was dit verby. Ek luister tot vandag toe nog na hul musiek en hulle is een van my gunstelinge. Ek het my matriekafskeid gemis om in 2004 hul konsert in die Dome by te woon. Dit was die beste aand van my lewe.

Watter instrumente speel jy?

Kitaar, baskitaar, klavier, banjo, mandolien en ukulele.

Beskryf die soort musiek wat jy maak.

Dit is popmusiek met folk vermeng.

Wat is jou proses om liedjies te skryf?

Ek sal op my kitaar of klavier aan idees en strukture werk. Dan volg die melodieë en laastens die woorde.

Watter kunstenaar inspireer jou?

Francois van Coke.

Hy inspireer my met hoe lank hy al in die bedryf is en hoe hard hy werk.

Hy het al ver gekom.

A s jy die verhoog met enige kunstenaar kan deel, wie sou jy kies?

Dave Grohl van die Foo Fighters. Dit sal wonderlik wees om saam met hom te werk.

Wat is jou gunstelingplek waar jy al opgetree het en waar wil jy nog graag optree?

Ek het Innibos baie geniet en ek sal eendag in Los Angeles wil optree.

Vertel so ’n bietjie meer van jou nuwe liedjie.

My nuwe liedjie is “Lekker tye”. Dit gaan oor kuier en om ’n lekker tyd te hê. Ek het dit aan die begin van die inperking geskryf. Ek beplan om volgende jaar ’n volle album uit te gee.

Maak jy ’n bestaan uit jou musiek?

Ja, ek het al in 2008 my vorige werk gelos om voltyds op my musiek te konsentreer.

Is die Suid-Afrikaanse musiek bedryf gesond?

Nie altyd nie. Dit gee nie om hoe goed jy is nie, as jy nie die regte mense ken nie, sal jy moeilik raakgesien word.

Wat is jou ander belangstellings?

Ek bring graag tyd saam met my vrou en kind deur.

Ek speel ook graag gholf.

Wat hou die toekoms vir jou in?

Ek gaan maar aanhou skryf en hopelik ná die inperking verby is weer lewende optredes doen. Ek mis dit regtig baie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.