Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Jan Blohm gretig om in Gauteng op te tree

Jan Blohm het pas sy nuwe liedjie “Levi Jeans”, wat oor bemagtiging gaan, uitgereik en hy sal eersdaags weer op die verhoog in Gauteng te sien wees. Hy sê hy sien baie daarna uit.

“Dit gaan heerlik wees om weer voor ’n lewendige gehoor te speel en vir mense stories te vertel,” sê Blohm, wat in Gordonsbaai woon. “Dit gaan ook lekker wees om weer ’n bietjie op die pad te wees.”

Blohm het in die vroeë 2000’s in verskeie bands gespeel. Dit was veral blues-klanke wat hom gelok het. Hy noem Breyten Breytenbach, Jimi Hendrix, Bob Dylan, Leonard Cohen en Vincent van Gogh as van die mense wat die grootste invloed op hom gehad het. “Hierdie mense het hul kuns in ongelooflike moeilike omstandighede en tye beoefen,” sê hy. “Hulle het grense verskuif.”

Blohm het sy jongste konsep-album, Jenny, oor die afgelope twee jaar geskryf en gedurende die inperking opgeneem.

Jan Blohm maak aan die einde van die maand in Gauteng ’n draai vir ’n paar optredes. Foto: Coetzee Cooke

“Vir my is ’n konsep-album ’n groep liedjies wat rondom een idee of konsep speel,” vertel Blohm. “Jenny se album is die eerste keer wat ek dink ek redelik suksesvol was om ’n konsep-album te maak, met ander woorde dit is ’n klomp liedjies wat geskryf is vir ’n spesifieke rede.”

Jenny vertel die storie van twee jongmense en hul families. Die jong man is ’n skrywer en die meisie is Jenny. Elke liedjie vertel ’n stukkie van die storie. Dit is nie in chronologiese volgorde op die album nie.

Blohm meen elke musikant het sy uitdagings wat hy moet oorkom. “Harde werk is belangrik,” sê hy. “ ’n Mens moet ook glo in wat jy doen ongeag van wat ander mense sê. Elke dag leer ’n mens lesse.

“Soos ek ouer word, en rustiger is, raak sekere goed belangriker en ander weer minder belangrik. Ek dink my grootste les is dat ek nou weet alles gaan nie oor my nie en dit is wonderlik om dit te kan opgee en in ander mense te glo en vertrou.”

Blohm droom nog van ’n wêreldtoer, maar sy gunsteling-manier van optrede is in intieme plekke met ’n klein gehoor. Dalk dan gepas dat hy sy Gauteng-toer by Café Barcelona in Colbyn, Pretoria, op 30 September en 1 Oktober begin. Op 2 Oktober is hy by Railways Café in Irene en op 4 Oktober by Jarr Bar in Weavind Park, Pretoria. Kontak die onderskeie plekke om meer oor die optredes uit te vind.

Meer oor:  Gauteng  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.