Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Jannie en Helena laat teater weer leef

Jannie du Toit en Helena Hettema sal onderskeidelik Vrydag en Saterdag die eerste en tweede vertonings by die Pierneef-teater in Pretoria hou nadat alles tydens die inperking by dié teater tot stilstand gekom het.

Du Toit se konsert se titel Lente-Uiteindelik is nogal gepas. Hy sal die verhoog deel met Susan Mouton op tjello en Chanie Jonker op klavier en akkordeon. Hulle sal liedjies van troebadoers insluitend Koos du Plessis, Jacques Brel, Jules de Corte en Lucas Maree opvoer. Du Toit sal van sy eie liedjies insluit.

Hettema sal Franse liefdesliedjies, Afrikaanse treffers asook liedjies uit haar nuwe vertoning, Divine, opvoer. Elsa Strating begelei haar op klavier.

Albei vertonings begin om 19:00. Kaartjies kos R130 vir volwassenes en R100 vir pensioentrekkers. Besprekings moet vooraf gedoen word by info@pierneefteater.co.za en slegs 50 kaartjies is per vertoning beskikbaar. 

Helena Hettema maak Saterdag by die Pierneef-teater musiek. Foto: Verskaf

Meer oor:  Jannie Du Toit  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.