Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Jansies klop Menlopark, wen Noordvaal-toernooi

Dit was ’n titaniese stryd tussen die ooste en die weste toe die manne van die hoërskole Dr. E.G. Jansen van Boksburg en Monument van Krugersdorp mekaar Saterdag in die eindstryd van die Noordvaal-sewes-toernooi op die Hoërskool Menlopark se veld die stryd aangesê het.

Die Jansies het gewys waar Dawid die wortels gegrawe het toe hulle Monnas, die verdedigende kampioen, ná ekstra speeltyd met ’n eindtelling van 24-19 getroef het.

Die ster van die wedstryd was Jason Edwards van E.G. Jansen wat as Speler van die Wedstryd aangewys is.

Marco Venter, kaptein van die Hoërskool Dr. E.G. Jansen se sewesspan, ontvang die trofee van Tinus Diedericks, voorsitter van die Goue Leeus se skolerugbyvereniging. Foto: Marius Nortjé
Jason Edwards van Dr. EG Jansen op pad doellyn toe. Hy was die Speler van die Wedstryd. Foto: Marius Nortjé

Meer oor:  Noordvaal-Toernooi  |  Menlopark  |  Jansies  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.