Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Jarad skiet dat dit klap

Jarad van Zyl, ’n matrikulant aan die Maragon Mooikloof Hoërskool in Pretoria, het onlangs die Suid-Afrikaanse skyfskietspan verteenwoordig by die Wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Krokodilspruit, net noord van Pretoria. Altesaam 14 lande, waaronder Brittanje, Australië, Amerika en Namibië, het deelgeneem.

Jarad van Zyl het by die onlangse Wêreld-skyfskietkampioenskapsbyeenkoms in Krokodilspruit, net noord van Pretoria, vir die Suid-Afrikaanse span deelgeneem.

“Ek is ’n nuweling en ek is heel tevrede met hoe ek gevaar het,” sê Jarad. “Ek het onder andere my pa in twee afdelings geklop en hy het vanjaar sy Proteakleure verwerf.”

Dit was juis Jarad se pa, Riaan, wat hom by die sport betrek het. Jarad oefen gereeld en skiet ook in kompetisies. Hy moes gemiddeld meer as 98% skiet om sy provinsiale kleure te verwerf en by die nasionale kompetisie moes hy dit weer doen om sy Suid-Afrikaanse kleure te kry.

Die eerste vier in elke afdeling het gekwalifiseer om vir die Proteaspan te skiet en die ander wat kwalifiseer, skiet in die Suid-Afrikaanse span.

“Tydens die wêreldbyeenkoms was die wind sterk en dit was ’n groot uitdaging om akkuraat te skiet,” sê Jarad.

“Jy moet 25 teikens in 20 minute op ’n afstand van 50 m skiet.”

Daar was nagenoeg 100 deelnemers in Jarad se afdeling en hy sê hy het uiteindelik omtrent in die middel geëindig. Hulle skiet met .22-gewere.

Volgens Jarad het ’n goeie skut baie geduld, hy oefen baie en ’n bietjie geluk help ook so nou en dan.

“Ek geniet die mense by die kompetisies en om elke keer my beste te gee,” sê Jarad.

“ ’n Mens maak nuwe vriende en jy word deel van die gemeenskap. As jy goed genoeg skiet, staan jy selfs ’n kans om die wêreld te sien.

“Ek wil nog my Proteakleure kry en eendag een van die wêreldbyeenkomste wen,” sê hy oor een van sy drome.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.