Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Klofie Justine wen rekenaartegnologie-olimpiade

Justine Barwise, ’n matriekleerling aan die Hoërskool Waterkloof, is onlangs as die algehele wenner van die Nasionale Rekenaartoepassings­tegnologie-olimpiade aangewys.

Bykans 6 000 leerlinge het aan die begin van die jaar ingeskryf, waarvan net 11 tot die eindronde, wat by verskeie punte oor die land heen gehou is, deurgedring het.

Justine Barwise, ’n matriek- leerling aan die Hoërskool Waterkloof, is onlangs as die algehele wenner van die Nasionale Rekenaartoepassingsteg­nologie-olimpiade aangewys.

Justine het stof in die ander finaliste se oë geskop en met die eerste prys van R10 000 weggestap.

Justine het al in gr. 8 rekenaartoepassingstegnologie (RTT) as vak begin neem.

“Ek het met RTT besef watter ongelooflike dinge rekenaars vir mense kan doen. Dit maak ’n mens se lewe baie maklik,” sê sy.

“Ek het nooit oorweeg om dit as ’n loopbaan te kies nie, maar kan definitief die nut van rekenaars in ons lewens raaksien.

“Alles wat rekenaars kan doen, is definitief belangrik, maar soos ons in die inperking kon sien, speel rekenaars ’n groot rol in kommunikasie.

“Ons moes byvoorbeeld skoolgaan deur ons rekenaars. Sonder rekenaars sou ons dalk nie met enigiets kon voortgaan vanuit ons huise nie.”

Justine sê die skool het haar gehelp om in te skryf en dat die proses redelik eenvoudig was.

In die kompetisie moes sy programme soos Excel en Access gebruik. “Jy moet Excel en Access baie goed kan gebruik,” sê sy. “Jy moet data manipuleer om bruikbare inligting te kan weergee. Die vrae het goed behels soos dashboards, pivot tables en infographics.”

Justine stel in meer as net rekenaars belang. Sy is mal oor lees, sy neem deel aan debat en redenaars en sy speel ook rolbal.

En haar toekomsplanne? “Ek gaan volgende jaar BCom rekeningkundige wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria studeer.”

Meer oor:  Hoërskool Waterkloof  |  Pretoria  |  Skolenuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.