Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Knysna-brande inspireer in Jhb kunsuitstalling

Wessel van Huyssteen se solo-uitstalling Between the Grid and the Mark is nog tot 5 September in Gallery 2 in Parkwood, Johannesburg, te sien.

Die uitstalling bestaan uit werke van die afgelope twee jaar toe hy onder meer in Boedapest en Knysna gewoon het.

“Die uitstalling sluit werke in van my tyd by die Budapest Art Factory en die Foundation for Contemporary Art in Knysna,” sê Van Huyssteen.

“My ondervindings tussen hierdie twee plekke, Rosendal in die Oos-Vrystaat waar ek nou woon en Johannesburg waar ek grootgeword het, is baie anders, maar daar is ook ’n paar goed wat oorvleuel.

“As ’n kunstenaar lê my belangstelling in die landskap en die impak wat die mens het op hoe ons in ’n spasie beweeg.”

In Boedapest het Van Huyssteen onder meer die Staatsoperahuis as inspirasie gebruik, in Rosendal was dit vrugtebome wat toegedraai was om dit van ryp te beskerm, in Johannesburg heinings langs die pad en in Knysna indringerbome wat ’n natuurlike grens vorm.

“In Hongarye het ek die fascistiese politiek onder die leierskap van Viktor Orbán verken,” sê Van Huyssteen.

“My hooffokus was die staatsgeboue wat opgeknap word. Hy (Orbán) gebruik aktief kuns vir propaganda en diktators wêreldwyd beskou sy beleid as inspirerend.”

Van Huyssteen vertel hoe die nagevolge van die brande met ’n besoek aan Knysna in 2017 steeds sigbaar was.

“ ’n Mens kon steeds die gebrande stukkies hout onder ’n mens se voete voel,” sê hy. “Maar indringerplante was besig om op te skiet wat die groei van plaaslike plante grootliks verhinder het.

“Hoewel hierdie woude groen is, voel dit dood en angswekkend.”

Gallery 2 gebruik alternatiewe ure gedurende die Covid-19 inperking. Gedurende vlak 2 is die galery Woensdae tot Saterdae van 10:00 tot 15:00 oop. Rig ’n e-pos aan info@gallery2.co.za of skakel 011 447 0155/98 om meer uit te vind.

Meer oor:  Knysna  |  Brande  |  Kunsuitstalling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.