Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Kunshoekie: Beeld-Metro-Gauteng

In Kunshoekie kan kunsliefhebbers alles oor kunsuitstallings in Gauteng lees. Die rubriek verskyn elke eerste uitgawe van die maand. Stuur ’n e-pos oor uitstallings na metro@ beeld.com en skryf die woord Kunshoekie in die onderwerpveld.

  • Dada Khanyisa se uitstalling Good Feelings is nog tot 13 Maart by die Stevenson-galery te sien. Sy skilderye word geïnspireer deur sosiale media en foto’s wat in nagklubs geneem is. Die galery is by 7de Laan 46, Parktown-Noord, Johannesburg.
Linda Pretorius is een van drie kunstenaars wat tans by die Tina Skukan-galery in Faerie Glen uitstal.
  • Babet Becker van Dogology Art se werk is tot 21 Maart te sien in die uitstalling In Search of Life by Grounded at Echo in Pierneefstraat, Villieria. Dié uitstalling het ontstaan uit nadenke oor diere se lewens wat soms misgekyk word, wat in gevaar is en wat mense se aandag nodig het. Dit vier die waardering van die diereryk, wat ons almal moet koester.
Dada Khanyisa se uitstalling Good Feelings is nog tot 13 Maart by die Stevenson-galery te sien.
  • By die Tina Skukan-galery in Faerie Glen word Lientjie Wessels, Linda Pretorius en Rogerio d’Andrade seSenses tot 11 Maart uitgestal. Die drie kunstenaars probeer al vyf sintuie aanwakker. Tina Skukan is op Plot 6, Koedoebergweg.
  • Parallel Lives – Reconnecting the Tomorrowland is ’n uitstalling uit Hongkong wat tans by die Goethe-Institut in Parkwood, Johannesburg, te sien is. Dié uitstalling van HK Farm vorm deel van Goethe se 25 jaar-vieringe in Suid-Afrika.
Meer oor:  Gauteng  |  Ontwerpers  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.