Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Lees is 'n fees!

Die Laerskool Jan Celliers in Johannesburg het onlangs ’n Lekkerlees-week as deel van sy akademiese verrykingsaktiwiteite aangebied. Magda van Biljon, destyds op Wielie walie te sien, was een van die gassprekers.

Die week het met ’n storie­ontbyt begin. Ouers het die dag saam met hul kinders bygewoon en op die rugbyveld vir ’n piekniek uitgespan.

Magda van Biljon het Laerskool Jan Celliers besoek.

Book Buddies het op die tweede dag ingeloer en gedeeltes uit jeugboeke voorgelees. Op dag drie het onderwysers stories vir leerlinge van elke graad voorgelees voor die vierde dag se hoogtepunt, toe Van Biljon by die skool ’n draai gemaak het.

“Dit was vir my heerlik om betrokke te wees by hierdie ongelooflike aand saam met die kinders van Jan Celliers,” sê Van Biljon.

“Lees is altyd ’n opwindende avontuur en die skool maak die ontdekkingsreis een groot fees.”

Benewens die voorlesings, was daar ook gedurende die week boekverkopings en ’n geleentheid vir leerlinge en onderwysers om soos karakters uit hul gunstelingboeke aan te trek.

Almal van die voorskoolse leerlinge tot gr. 7’s het deelgeneem. – Medewerker

Meer oor:  Johannesburg  |  Lees  |  Fees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.