Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Melville-koppies weer oop, met nuwe reëls

Die Melville-koppies in Johannesburg is weer oop vir besoekers, maar ’n aantal nuwe Covid-19-maatreëls geld.

Die gewilde begeleide toere word nog nie weer aangebied nie, maar besoekers kan op hul eie die koppies verken.

In September kan die koppies op 6, 13, 20 en 24 September besoek word.

Stappers kan weer die Melville-koppies-natuurreservaat besoek. Daar is ’n aantal nuwe Covid-19-maatreëls wat geld en wat sal help om besoekers veilig te hou.

Op hierdie dae sal daar van 08:00 tot 11:30 toegang tot die koppies wees terwyl wagte patrollies sal doen om besoekers se veiligheid te verseker.

Die nuwe Covid-19-maatreëls sluit in dat alle besoekers ten alle tye ’n masker moet dra, dat ’n sosiale afstand van 3 m gehandhaaf moet word waar besoekers nie saam na die koppies gekom het nie en dat stappers op die paadjies bly.

Honde word ongelukkig nie toegelaat nie.

Besoekers word ook aangeraai om hul eie ontsmettingsmiddels saam te bring.

’n Kaart van die koppies sal op die dag aan besoekers beskikbaar gemaak word, maar daar sal ook ’n aantal gidse wees om iemand wat dalk verdwaal weer op koers te kry.

Die aantal mense wat die koppies op een van hierdie dae mag besoek, sal beperk word. Voornemende besoekers moet vooraf bespreek en betaal.

Volwassenes betaal R80 en skoliere R40 vir die dag. Alle geld wat ingesamel word, word aangewend om die koppies in stand te hou.

Parkering is by die Marks­park-sportklub in Judithweg beskikbaar.

Stuur ’n e-pos na wendavid@mweb.co.za of skakel 011 482 4797 om meer uit te vind.– Marthinus Koekemoer

Meer oor:  Melville  |  Johannesburg  |  Koppies  |  Reëls  |  Staproetes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.