Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Metro-Beeld-Gauteng: Marthinus sê

Baie geluk aan Mould Empower Serve (MES) Kempton Park met tien jaar se dienslewering. Metro-Beeld  het al voorheen oor MES berig en hierdie organisasie doen werk van onskatbare waarde onder mense wat hul werk verloor het en nie ’n ander heenkome het nie.

MES help mense om hul menswaardigheid terug te kry. Mag die volgende tien jaar net so suksesvol soos die eerste tien wees.

Goeie nuus vir Gauteng is die ekstra geld wat begroot is vir die stryd teen Covid-19, maar opposisiepartye is skepties oor die aanwending van die geld. Lees hiernaas waaraan die ekstra geld bestee gaan word en waaroor die DA en die VF Plus bekommerd is.

Die Emfuleni-munisipaliteit trek lankal swaar. Dit laat ’n mens wonder hoe hulle kan bekostig om R5 miljoen uit te gee om grafte te laat grawe. Is dit nie iets wat hulle self teen ’n laer koste kan behartig nie? Blykbaar nie. Lees hiernaas wat die redes hiervoor is.

Lees ook wat Wilhelm de Swardt oor Gandhi Jafta skryf. Sy is as Tuks se Vrouekrieketspeler van die Jaar aangewys en met haar puik vertonings die afgelope seisoen is dit nie veel van ’n verrassing nie. Maar as ’n mens haar oor haar vertonings uitvra, kan sy nie juis onthou hoeveel lopies sy aangeteken het nie aangesien sy veel meer besorgd is oor die span se vertonings. Vir meer van ’n spanspeler kan Tuks nie vra nie. Sy is nog jonk en gaan nog baie in die sport vermag.

Metro-Beeld-groete, Marthinus.
Meer oor:  Marthinus Koekemoer  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.