Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Metro-Beeld-Gauteng: Marthinus sê

Niel Thiart het toe nie by sy mikpunt om 334 km in 48 uur te hardloop uitgekom nie. Hy was wel nog aan die einde van die 48 uur op sy voete wat opsigself ’n prestasie is. Boonop het hy in sy poging verder bewusmaking vir outisme gekweek. Dit klink of hy nog baie planne het om sy deel vir mense met outisme te doen. Sterkte aan jou, Niel.

Marthinus Koekemoer

Ratings Afrika het weer Midvaal as die beste munisipaliteit in Gauteng aangewys. Emfuleni het die swakste gevaar. Die gemiddelde punt uit 100 in Gauteng is maar 31 en Ratings Afrika meen enige munisipaliteit wat minder as 40 aanteken is nie volhoubaar nie. Lees op bl. 14 watter ander bevindings hulle gemaak het en hoe Gauteng met die res van die land vergelyk.

Shaky Russell lewer Saterdag ’n vertoning van Elvis Presley se grootste treffers. Dit sal die eerste keer wees wat ’n Elvis Presley-produksie regstreeks gebeeldsend word. Metro-Beeld het twee kaartjies om vir hierdie vertoning weg te gee. Lees hier onder hoe om in te skryf.

Solidariteit se Helpende Hand het nog ’n groot skenking by die Douw Steyn-familietrust ontvang. Baie honger mense sal hierby baat vind.

Metro-groete, Marthinus.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.