Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Metro-Beeld-Gauteng: Marthinus sê

Die winter het die laaste paar dae hopelik sy laaste sê vir 2020 gehad. Dit lyk of mooiweer die naweek Gauteng behoort te bereik. Dis net betyds vir Johannesburgers wat van die natuur en stap hou.

Die Melville-koppies is weer oop vir besoeke. Die gewilde begeleide toere is egter nog nie weer aan die gang nie, maar besoekers sal wel die koppies op eie stoom kan verken. Daar is egter ’n paar nuwe Covid-19-maatreëls in plek. Lees hiernaas wat ’n mens moet doen om die koppies te besoek. 

Lees hier onder wie verlede week se kaartjie- en CD-wenners was. Metro-Beeld het weer vandag ’n kompetisie. Hierdie week is daar drie dubbelkaartjies vir André die skreeusnaakse hipnotiseur se vertonings by Carnival City op die spel. Lees hiernaas meer oor André en hoe om in te skryf. 

Justine Barwise, ’n matriekleerling aan die Hoërskool Waterkloof, is onlangs aangewys as die algehele wenner van die nasionale rekenaartegnologie-olimpiade. Bykans 6 000 leerlinge van oor die land heen het aan hierdie olimpiade deelgeneem wat Justine se prestasies uitsonderlik maak. 

AfriForum het die afgelope week in Centurion skoongemaak waar die Tshwane-metro blykbaar nog nie kon uitkom nie.

Metro-groete, Marthinus.

Meer oor:  Marthinus Koekemoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.