Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Metro-Beeld-Gauteng: Marthinus sê

Dis ongelooflik hoe doenig mense tydens die inperking is. Lees vandag van die groep Saarkie en hul nuwe liedjie wat hulle tydens die inperking geskryf het. Hulle gaan trouens in September vier nuwe liedjies opneem. Dit klink ook of die drie nog groot toekomsplanne het en nie kan wag om weer op die verhoog te kom nie.

Wilhelm de Swardt skryf vandag van die Tuks-atleet Rynhardt van Rensburg wat droom om volgende jaar aan sy tweede Olimpiese Spele deel te neem. Hy het die inperking gebruik om lekker uit te rus en sy lus vir hardloop weer terug te kry nadat hy die afgelope paar jaar met verskeie beserings gespook het.

Die DA en VF Plus kla albei oor die hoë misdaadsyfers by skole in Gauteng. Daar was sedert 2019 meer as 700 gevalle van diefstal, inbraak en vandalisme wat aangemeld is, maar net enkele verdagtes is in verband met hierdie misdade in hegtenis geneem. Daar is wel ’n aantal planne in plek om veiligheid te verskerp. Lees hiernaas wat tans gedoen word.

So Novak Djokovic is uit die Amerikaanse Ope. Dit maak die deur vir die jonger spelers oop om hul eerste Grand Slam te wen. Is dit dalk uiteindelik die einde van die Groot Drie? Ons sal sien.

Metro-groete, Marthinus.

Meer oor:  Marthinus Koekemoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.