Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Metro-Beeld-Gauteng: Marthinus sê

Alhoewel die gevolge van die Covid-19-pandemie nog lank nie verby is nie, voel dit tog of ons elke week so bietjie nader aan normaal beweeg.

En met die gaan Jan Blohm oor ’n paar weke vir die eerste keer in ’n lang tyd in Gauteng kom musiek maak. Lees hiernaas meer oor hom, sy musiek en waar hy gaan optree.

Ook by die Pierneef-teater skop dinge weer oor die naweek af. Daar is Vrydag en Saterdag vertonings op die planke. Jannie du Toit en Helena Hettema sal onder andere te sien wees. Onthou daar is ingevolge die Covid-19-reëls beperkte plek in teaters, so bespreek vroegtydig as jy een van die vertonings wil bywoon.

Solidariteit se Helpende Hand het onlangs die 40 000-kerf wat betref ondersteuners verbygesteek. Geluk en bou voort op die goeie werk wat julle reeds doen.

Marthinus Koekemoer

Nog ’n week, nog ’n verdagte staatskontrak. Hierdie keer is dit ’n kontrak van R1 miljoen vir ’n maand se werk wat by die Gautengse departement van gesondheid gedoen is. Volgens die LUR vir gesondheid is die kontrak binne die nodige riglyne toegeken, maar opposisiepartye meen die departement kon self die werk behartig het en dat die toekenning van die kontrak eintlik uiters verdag is. Lees hiernaas presies waaroor hulle ongelukkig is.

En daar wen Dominic Thiem toe die Amerikaanse Ope-tennistoernooi. Alhoewel Roger Federer en Rafael Nadal nie aan die toernooi deelgeneem het nie en Thiem nie teen die ander lid van die Groot Drie, Novak Djokovic, gespeel het nie, lyk dit dalk uiteindelik of hy dié drie se greep op manstennis kan breek.

Inderwaarheid is die Oostenryker al geruime tyd bo Federer op die ranglys en nou is hy kort op Nadal se hakke met Djokovic wat nog ’n entjie voor is. Dis onwaarskynlik dat veral Djokovic en Nadal nie nog Grand Slams sal wen nie, en dalk Federer ook, maar die jonger spelers, met Thiem aan die voorpunt, lyk nou gereed vir nog groot dinge.

Dit voel of die somer nou in Gauteng behoorlik die oorhand gekry het. Daar is waarskynlik nie ’n beter manier om die mooi weer te geniet as om buite in die natuur te kom nie. 

So het ek Sondag saam met ’n paar ander mense die Melville-koppies gaan verken. ’n Mens volg die voetpaadjies wat in die algemeen nie te uitdagend is nie. Omtrent enigiemand sal daar kan regkom en die asemrowende uitsig oor Johannesburg kan geniet. Pak ’n paar eetgoedjies, iets om te drink en trek gemaklike skoene aan en gaan stap een Sondag in September. 

Metro-groete, Marthinus.

Meer oor:  Marthinus Koekemoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.