Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Mokoka en Bii in tweestryd

Johannesburg vier Dinsdag Erfenisdag saam met duisende hardlopers en stappers wat aan die vierde jaarlikse FNB Joburg Cityrun oor ’n afstand van 10 km deelneem.

André Gobey
André Gobey

Dit is die tweede wedloop in die FNB Run Your City-reeks wat uit drie wedlope bestaan. Die Cape Town 12 Onerun oor 12 km was op 19 Mei en het meer as 13 500 deelnemers gelok. Die FNB Durban 10K Citysurf-run is op 13 Oktober.

Elk van die roetes word so uitgelê dat dit toerisme aanmoedig deur by verskeie historiese en kulturele landmerke aan te doen.

Die FNB Joburg Cityrun spog met R250 000 prysgeld. Die wenners in die mans- en vrouewedloop sal elk met ’n tjek van R30 000 wegdraf.

Atletiek-fynproewers lek reeds hul lippe af vir ’n herontmoeting tussen Suid-Afrika se voorste middelafstand-atleet, Stephen Mokoka, en die Keniaan Bernard Bii ná hul titaniese stryd in die Suid-Afrikaanse halfmarathon-kampioenskap in Port Elizabeth verlede jaar.

Mokoka, wat toe met twee sekondes gewen het, het reeds vanjaar gewys dat hy in bobaasvorm is toe hy verlede maand Hendrick Ramaala se 22 jaar oue nasionale halfmarathonrekord met 16 sekondes verbeter het in ’n tyd van 59:51.

In die vrouewedloop tree die verdedigende kampioen, Glenrose Xaba, aan as gunsteling nadat sy verlede naweek die nasionale veldloopkampioenskap in Tshwane gewen het.

Die wegspringskoot klap om 08:00 voor FNB Bank City in Simmondsstraat en die eindpunt is by Mary Fitzgeraldplein in Newtown.

  • Rig navrae aan Stillwater Sport by 082 991 0045 of entries@stillwatersports.com.
Meer oor:  André Gobey  |  Stappers  |  Erfenisdag  |  Hardlopers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.