Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Nuwe enkelsnit kom reg uit Verona se hart

Verona Goslett is ’n Meyerton-meisie deur en deur. Haar jongste enkelsnit, “Voorwaardes”, is pas uitgereik. Metro-Beeld het haar ’n paar vrae daaroor en ’n paar ander goed gevra.

Waar woon jy tans?

Ek woon in Meyerton.

Waar het jy grootgeword, skoolgegaan en geswot?

Ek het in Meyerton grootgeword en skoolgegaan. Daarna het ek joernalistiek en kommunikasiekunde aan die NWU se Vaal Driehoek-kampus geswot.

Hoe het jy begin musiek maak?

Verona Goslett droom om een­dag in ’n musiekbly­spel in die Staats­teater in Pretoria te verskyn.

Ek sing nog altyd. Vandat ek kan onthou, sing ek. My tannie het my by die skool opgelaai en dan sou ons twee uit volle bors op pad huis toe sing. Later is my ma aangesê om my vir sanglesse te stuur.

Wie is die eerste groep/musikant van wie jy ’n aanhanger was? Hoekom? Luister jy steeds na hul musiek?

Ek was mal oor Cut Glass toe ek jonger was en het ook die geleentheid gehad om een van hul vertonings by te woon. Ná die tyd het ek hulle ontmoet en ek kon ook elke liedjie op hul album uit my kop sing. Ek was en is steeds ’n aanhanger van Anneli van Rooyen en Amanda Strydom.

Wat is die beste konsert tot nog toe wat jy bygewoon het?

Een van Johnny Clegg se heel laaste vertonings in die Dome, Johannesburg. Dit was wonderlik. Almal het saam gesing. Wat ’n legende en onvergeetlike aand.

Beskryf die soort musiek wat jy maak.

Musiek met ’n folk-pop-aanslag met lirieke wat ek hoop die hart sal raak en die kop sal laat dink.

Skryf jy jou eie liedjies?

Ek probeer, maar het gelukkig baie hulp gehad van die Muse Studio-span. Omdat ek nog nie baie die geleentheid gehad het om musiek op te neem nie, was my eerste album ’n ongelooflike leerskool. Soms kom die lirieke eerste en ander kere die melodie. Dit is ’n unieke proses vir elke kunstenaar dink ek. Soms kom dit ook nie vanself nie. Jy moet letterlik gaan sit en begin skryf om die gedagtegang aan die werk te kry. Van my liedjies waarvan ek die meeste hou en ek dink die mooiste is, is dié wat uit eie ervarings en emosies kom.

Wie is die kunstenaars wat jou inspireer?

Adele, Florence and the Ma­chine, Amanda Strydom, Stef Bos, Anton Goosen, Coenie de Villiers, The Lumineers, Mumford & Sons en daar is nog baie. Die oomblik wanneer ’n kunstenaar se musiek met my hart praat, is ek hooked.

Wat is jou gunstelingplek waar jy al opgetree het?

In die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg. Ek dink dis een van die beste teaters in ons land. My droom is om in ’n musiekblyspel in die Staatsteater in Pretoria op te tree.

Vertel so ’n bietjie meer van jou nuwe enkelsnit.

“Voorwaardes” is een van die liedjies op my debuutalbum,

Maskers. Dit gaan oor die voorwaardes wat jy het vir die persoon wie jy liefhet.

Dis daardie reëls wat nagekom moet word, maar eintlik ten voordeel van albei is.

Hierdie liedjie kom reg uit my hart. Ek het dit een aand geskryf vir my verloofde. Ek sou dit op ons troudag gespeel het, maar dis voorlopig met die inperking uitgestel.

Wat is jou ander belangstellings?

Mense en hul stories, joernalistiek, videoproduksie, fotografie, DIY-projekte, nuwe sakemoontlikhede, ensovoorts.

Wat hou die toekoms vir jou in?

In ons huidige situasie, wie weet? Maar hopelik die kans om te trou en nuwe geleenthede om mense te laat groei.

Meer oor:  Enkelsnit  |  Cd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.