Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Nuwe rekord vir Affies

Vir vanjaar se matrikulante was die afgelope week se interhoër-atletiekbyeenkomste een van die laaste kere wat hulle vir hul skole deelgeneem het. Atlete het ook hul alles gegee om vir die Gauteng-kampioenskappe te kwalifiseer, so daar was nie ’n tekort aan motivering nie.

Daar was Vrydag ’n spreekwoordelike ontploffing van talent op die atletiekbaan tydens die Pretoria A Bond Interhoër by die Ruimsig-stadion. Die Afrikaanse Hoër Seuns- en Meisieskool, wat vanjaar 100 jaar oud is, het die geleentheid aangebied.

Carmie Prinsloo van die Hoërskool Montana het die kompetisie verlede week by die interhoër by die Ruimsig-stadion moedeloos gehardloop. Sy het die 800 m, 1 500 m en 3 000 m vir meisies o.19 gewen. Foto: Marius Nortjé

Vanaf die eerste item, wat reeds om 07:00 begin het, tot die heel laaste item om 18:16 was die pawiljoen en walle van die stadion stampvol ondersteuners.

Carmie Prinsloo van die Hoërskool Montana het puik vertoon en die 800 m, 1 500 m en 3 000 m vir meisies 0.19 gewen. Onder die seuns het Eckhart Potgieter van Affies die 200 m vir o.19’s in die jaar se beste tyd van 20.66 afgenael.

Eckhart Potgieter van Affies het die seuns o.19 200 m in 20.66 gewen. Hy was ook deel van die aflosspan wat die nuwe Suid-Afrikaanse rekord van 40.51 opgestel het. Foto: Marius Nortjé

Soos die gewoonte is, is die dag met die afloswedlope afgesluit. Van die beste wedlope vir etlike jare is opgelewer. Potgieter was weer op sy pos in Affies se 0.19 seunspan. Hy, Björn van Wyk, André Erasmus en Joshua Nel het die Suid-Afrikaanse rekord verpletter. Hul wentyd was 40.51, wat die rekord wat die einste Affies in 2012 opgestel het, verbeter het. Die wentyd daardie jaar was ’n reeds blitsige 40.86.

Menlopark het ’n opskudding veroorsaak toe hul meisies die gasheerskool net-net met die algehele puntestand geklop het. Die Hoërskool Waterkloof was derde. Affies se seunspan het algeheel gewen met Menlopark tweede en Prestige College derde.

Sam Dlamini van die Hoërskool Florida het verspring vir seuns o.16 met ’n afstand van 6,90 m gewen. Foto: Marius Nortjé

’n Hele klomp van die atlete sal weer op die baan verskyn tydens die Super Interhoër Afdeling A en B wat vandag by Ruimsig-stadion gehou word.

  • Die Hoërskool Linden het verlede Woensdag ’n baie suksesvolle byeenkoms vir afdeling C- en D-skole aangebied. Daar was 16 skole wat by Ruimsig kragte gemeet het.

In die C-afdeling het Dr. Malan van Klerksdorp koning gekraai en sal sodoende volgende jaar in afdeling B deelneem. Ongelukkig vir Linden was hulle laaste in afdeling C en sal volgende jaar met die Hoërskool Eldoraigne plekke wissel nadat laasgenoemde in afdeling D geseëvier het.

Meer oor:  Pretoria  |  Matrikulante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.