Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Pak die Wierie vir maklike roete

Die tiende weergawe van die Clicks Wierie-padwedloop vind eerskomende Vrydag by die Laerskool Wierdapark plaas.

Hierdie wedloop het ’n vroeë begin met die afsetter wat die sneller reeds teen 06:30 afdruk, al knyp die koue nog daardie tyd van die oggend.

Die wedloop groei egter elke jaar in gewildheid en drawwers doen moeite om elke jaar terug te keer omdat hulle dit so geniet.

Deesdae neem sowat 3 500 hardlopers daaraan deel want dit is meer soos ’n drafsessie saam met jou klubmaats as wat dit ’n kompetisie is.

Die wedloop word oor afstande van 10 km en 21.1 km aangebied en volg ’n relatief maklike roete deur die strate van Centurion.

Atlete wat aan die halfmarathon deelneem, hardloop die 10 km twee keer.

Die organiseerders maak ook voorsiening vir ’n 5 km-wedloop vir beginners en nie-so-fikses, asook ’n 2 km-wedloop vir kinders.

Die wedloop word deur die Laerskool Wierdapark aangebied met die bystand van die Irene-hardloopklub. Die geld wat ingesamel word, sal aangewend word om die Laerskool Philena finansieel te ondersteun.

Dié oorvol skool bedien ’n verarmde gemeenskap in Olievenhoutbosch en is grotendeels afhanklik van borgskappe om met hul bedrywighede te kan voort gaan.

Skakel 084 031 3212 vir meer besonderhede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.