Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Provinsie betaal nie verskaffers

Die Gautengse departement van menslike nedersettings is diep in die rooi weens skuld aan diensverskaffers wat al meer as 90 dae uitstaande is en wat al by R376 miljoen draai.

Dié bedrag is bevestig in die antwoorde wat Solly Msimanga, DA-woordvoerder oor korporatiewe regering- en tradisionele sake, in die Gautengse wetgewer ontvang het op vrae wat hy vir die LUR Lebogang Maile gevra het.

79 diensverskaffers se betalings is met 90 dae of meer agterstallig. Die meeste van hulle verskaf sekuriteitsdienste.

“Daar is meer as 40 diensverskaffers aan wie R216 miljoen uit die boekjare 2014-’15 tot 2018-’19 geskuld word,” sê Msimanga.

“Die departement sukkel duidelik met finansiële bestuur en hou nie by die riglyne van wetgewing oor publieke finansies nie.

“Maile het aangedui die departement het nie genoeg geld om die agterstallige skuld te betaal nie. Ondernemings wat met hierdie departement sake doen se kanse op oorlewing is skraal.”

skuld
Die Gautengse departement van menslike nedersettings is diep in die rooi en skuld meer as R300 miljoen aan diensversakffers.

Van die 42 diensverskaffers wat Msimanga noem, is daar onderskeidelik een, vier en ses wie se skuld van 2014-’15, 2015-’16 en 2016-’17 dateer. Vir die afgelope twee boekjare is die uitstaande skuld egter meer as R140 miljoen.

Maile noem in sy antwoorde op Msimanga se vrae dat daar gevalle is waar kontraktuele probleme die departement verhinder om verskaffers te betaal.

“Die departement se doelwit is om alle agterstallige rekeninge teen die einde van die 2019-’20 boekjaar af te handel,” sê Maile.

“Ons sal in die jaar die skuld wat die langste uitstaande is eerste probeer afhandel en stelselmatig na die jongste skuld aanbeweeg.”

Op Msimanga se aanname dat ondernemings wat met die departement sake doen, bankrot sal speel, sê Maile dat die departement nie van enige sulke gevalle kennis dra nie.

“Ons het ’n taakspan op die been gebring om die betaling van agterstallige rekenings te behartig,” sê Maile. “Voorts het ons ou fakture na ’n komitee verwys om in die geval waar kontrakte nagekom is die fakture te standaardiseer.”

Amanda de Lange, VF Plus-LW, het ook haar kritiek met die departement se agterstallige skuld uitgespreek.

“Die Gautengse premier, David Makhura, het in sy begrotingsrede gesê diensverskaffers moet binne 15 dae betaal word,” sê sy. “Die VF Plus het al verskeie kere kommer uitgespreek oor die laat betalings en veral die impak wat dit het op kleiner ondernemings wat nie finansieel kan bekostig om maande of selfs jare vir betaling te wag nie.

“Klein ondernemings is die ruggraat van die land se ekonomie en die departement volg nou ’n afwaartse weg waarvoor Maile verantwoordelik gehou moet word.”

Meer oor:  Gauteng  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.