Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Rekords spat op die Barry Lok-byeenkoms

Dit is weliswaar nog vroeg in die seisoen, maar aan talent en geesdrif was daar geen tekort op die Barry Lok-byeenkoms Vrydag by die Hoërskool Noordheuwel nie.

Atlete van die Hoërskole Garsfontein, Waterkloof, Randburg, Kempton Park, Prestige Kollege en die gasheer Noordheuwel het gewys dat daar dié seisoen na groot atle-tiek uitgesien kan word.

Zonica Lindeque van Randburg in aksie.

Zonica Lindeque van Randburg het twee skitterende rekords opgestel en volpunte op die Absa-tabel verdien.

Zonica het die diskusgooi-rekord vir meisies o.15 verpletter met ’n afstand van 41,91 m en gewys waar Dawid die wortels gegrawe het met ’n rekordafstand van 15,65 m in die gewigstoot vir meisies 0.15.

Zonica het met al twee baanitems 1 200 punte op die Absa-tabel verdien.

’n Atleet wat ’n groot atletiek-toekoms voor hom het is Ulrich van Tonder van die Hoërskool Garsfontein in Pretoria.

Hy het sy debuut in hoërskole-atletiek gemaak met ’n uitstekende wen-afstand in die spiesgooi vir seuns o.14 van 55,34 m, terwyl hy eintlik nog in die o.13-ouderdomsgroep moes deelneem.

Skryf maar sy naam iewers neer.

As dit so begin, kan al wat ’n atletiek-ondersteuner is uitsien na ’n skitterende seisoen wat voorlê.

Ulrich van Tonder wéét hoe om ’n spies te gooi.Foto’s: MARIUS NORTJÉ
Neake Esterhuysen van die Hoërskool Waterkloof sweef deur die lug tydens die verspring vir meisies o.17 wat sy met ’n afstand van 4,77 m gewen het.
Luhan Wolmerans (middel) van Noordheuwel hardloop baie gerieflik om die draai tydens die 200 m vir seuns o.15 om sodoende die uitdun te wen. Sy tyd van 23,19 s het vir hom ’n silwer medalje in die sak gebring. Thapelo Dithebe van Prestige Kollege het in die vierde plek klaargemaak in ’n tyd van 23,32 s terwyl Zander van Dam van Kempies in die negende plek klaar gemaak het in ’n tyd van 25,65 s.

Meer oor:  Hoërskool Noordheuwel  |  Rekords  |  Skolesport  |  Atlete  |  Skolenuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.