Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Riool vloei gereeld in dié strate
Onverwerkte rioolvuil wat in die strate van Welverdiend, Carletonville, vloei is volgens Ben van der Berg, VF Plus-raadslid in Merafong, ’n gereelde verskynsel. “Die VF Plus meld gereeld verstopte rioolpype by die Merafong-munisipaliteit aan wat indien nie dadelik herstel word nie, riool by mangate laat uitstroom en in erwe en strate laat beland,” sê hy. “Boere in die omgewing wat van rivier- en boorgatwater afhanklik is, kan nie die besoedelde water gebruik nie en is genoodsaak om vars water op grootmaat aan te koop en na hul plase te vervoer. Die Merafong-munisipaliteit is egter in so ’n benarde finansiële posisie dat bestaande infrastruktuur nie behoorlik in stand gehou of vervang kan word nie.”
Meer oor:  Carletonville  |  Riool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.