Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Saarkie stel nuwe ‘Reënweer’ bekend

Adèle Fouché, Lila Botha en Mjön van Blommestein, oftewel die Ghoema- en Sama-benoemde Saarkie, het pas hul jongste liedjie, “Reënweer”, bekend gestel.

Terwyl ander mense gedurende die inperking moontlik ’n bietjie asem geskep het, was die drie druk besig om nuwe liedjies te skryf.

“Die inperking het ons baie goed behandel,” sê hulle. “Alhoewel ’n mens soms voel dat dit nou moet end kry, is dit ’n wonderlike geleentheid om jouself weer te vind en nuwe uitdagings aan te pak,” meen die trio.

“Reënweer” bou natuurlik voort op die unieke rock-klank waarvoor die trio bekendheid verwerf het.

“Tydens die inperking het die paaie stil geword en kon ’n mens al die naggeluide en veral die reënweer hoor,” sê Van Blommestein.

Saarkie het pas hul nuwe liedjie, “Reënweer”, uitgereik.

“Almal wil iemand naby aan hulle hê, die inperking het gemaak dat ’n mens se fokus skuif na dinge wat belangriker is as die gejaag van die daaglikse lewe.

“Die liedjie moet die gehoor neem na die eerste paar weke van die inperking toe jy nie ’n wekker gestel het nie, toe jy na die natuur geluister het, die gedreun van die donderweer, en saam kos gemaak het.”

Al drie lede van Saarkie woon deesdae in Pretoria-Oos. Fouché en Botha was saam op skool en het later vir Van Blommestein deur vriende ontmoet.

“Die vorige baskitaarspeler het liefde gevind en ek was altyd op toer saam met Saarkie om die musiekvideo’s asook foto’s te neem,” sê Van Blommestein. “Adèle en Lila het my gevra of ek nie bas vir Saarkie wil speel nie. Ek het geantwoord dat ek nie kan nie, maar ek sal leer.”

’n Maand later het sy die eerste keer saam met Saarkie opgetree. Alhoewel die groep as ’n soort girl band begin het, het hulle ’n rock-, pop- en folk-rigting ingeslaan. Van Blommestein en Fouché skryf meestal die liedjies, maar almal is betrokke met die skryf van die musiek.

In die algemeen kom die drie baie goed oor die weg en as daar wel ’n krapperigheid is, word dit dadelik uitgepraat.

2018 was ’n groot jaar vir Saarkie. Hulle het hul eerste Ghoema gewen en was saam met Afrikaans is Lekker op toer in Australië.

Wanneer hulle nie musiek maak nie hou Fouché en Van Blommestein van watersport. Eersgenoemde hou ook van tuinmaak. Van Blommestein ontwerp haar eie velskoene en Botha het haar eie onderneming wat persoonlike beskermende toerusting verkoop.

Saarkie het groot planne vir die toekoms. Volgens Botha wil die groep nog baie liedjies uitreik. Vier nuwe liedjies word in September opgeneem. “Ons wil natuurlik ook stadigaan weer begin optredes doen.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.