Vanjaar se Skool met die beste gees-kompetisie is Vrydag by die Hoërskool Waterkloof afgesluit. Die gees het hier so hoog geloop soos by enige van die ander skole wat die span van Metro-Beeld en Groot FM 90.5 deur die jaar besoek het.
Van begin tot einde was die dag gevul met pret. Die verskillende grade het oor en deur die hindernisbaan geseil met die gr. 11’s wat uiteindelik die wentyd opgestel het. Soos die gewoonte is, het die hoofleiers, Zander MacGregor en Gailyn Wessels, en die skoolhoof, Chris Denysschen, met die skool se prestasies gespog.

Links: Zander MacGregor en Gailyn Wessels, die Hoërskool Waterkloof se hoofleiers vir 2020, in gesprek met Francois van Rensburg van Groot FM 90.5.
Zander en Denysschen het selfs vir die Cosave Powerbuild Powerflush aangetree alhoewel nie een van die twee juis goed voorbereid was nie. Maar so uit plek soos hulle gelyk het, was die skool se eie James Bond, mnr. Gareth Harris, met sy deftige klere die eintlike vis uit die water.
Jeddi Beatbox en Bounce het vir oulaas in 2019 met hul opwindende vertoning vermaak.
Die dag se borge was Mit Mak Motors, Dr Tooth Little, Oliela, Bounce, School Ride, Cosave Powerbuild en Signorama Pretoria-Noord.

Daar is meer as een manier om die hindernisbaan aan te vat.Foto’s: MARTHINUS KOEKEMOER

Regs: Die skoolhoof Chris Denysschen was ’n groot sport en het self ook vir die Cosave Powerbuild Powerflush aangetree.

Kersfees het vroeg gekom by die Hoërskool Waterkloof. Drian Grobbelaar is hul eie Kersvader.Foto:

En dís hoe ’n mens ’n doel in styl aanteken.