Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Springs-Ystervrou reg vir volgende uitdaging

Charmaine Botha (36), van Springs, raak baie opgewonde as sy oor die passie in haar lewe gesels. Haar hart lê by oefening.

Volgens Botha het haar passie vir oefen al reeds op die ouderdom van tien jaar begin. Sy is al ses jaar ’n onderwyseres aan die Hoërskool Hugenote waar sy wetenskap gee.

Botha is al agt jaar getroud en het twee pragtige tweelingdogtertjies van sewe jaar oud.

Een van die dogtertjies trap reeds in haar ma se voetspore en is lief vir hardloop en om te oefen.

“My pa moes my altyd op die hoek aflaai dat ek huis toe kan hardloop en snaaks genoeg wil my dogter dit ook doen.”

Charmaine Botha van Springs het al onder meer vyf Comrades-marathons en Midmar-myle agter die rug en sy sal op 29 Maart die Ysterman in Port Elizabeth pak.

Wanneer sy nie ’n juffrou is nie, is sy beslis ’n sportvrou.

“Ek het altyd gedink ek oefen omdat ek vir myself doelwitte stel maar nie meer nie, dis nou bloot my leefwyse,” verduidelik sy.

Botha ry nie net fiets nie, maar hardloop en swem ook. Sy het al tien keer die 947 Ride Joburg-fietsresies voltooi, vyf keer die Comrades-marathon gehardloop en vanjaar haar vyfde Midmar-myl geswem.

“Ek is sonder twyfel verslaaf aan oefen, maar dis nie net liggaamlik goed vir my nie, maar geestelik ook.

“Ek staan soggens vroeg op gaan slaap laat om alles gedoen te kry en steeds tyd saam met my gesin deur te bring.”

Sy het verlede September aan die Cradle Moon se driekamp deelgeneem as die heel eerste vroulike deelnemer en sy was wraggies die algehele wenner. Sy het verskeie dinge wat sy nog wil bereik. Op haar doenlysie wag nog Kilimandjaro uitklim, Groot Muur van China hardloop en Lesotho se Salomon Sky Run.

Botha se volgende uitdaging is op 29 Maart wanneer sy aan die Ysterman Afrika-kampioenskap in Port Elizabeth deelneem. Sy sal onder die liefdadigheidsorganisasie Ironman for kidz se vaandel deelneem.

Sy oefen 20 tot 30 uur per week om haar vir die uitmergelende kompetisie voor te berei. Sy sal 3,4 km moet swem, 180 km fiets ry en dan nog ’n marathon hardloop.

Meer oor:  Charmaine Botha  |  Springs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.