Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Tukkie droom weer van Spele

Die syfers 144 gaan aanstaande jaar vir die Tuks-800 m-atleet, Rynhardt van Rensburg, baie belangrik wees.

As hy dit regkry om in wedlope gereeld die “haastige wysers” van stophorlosies oor die wêreld heen op 1 minuut 44 sekondes te stop, is die kans goed dat hy aanstaande jaar Suid-Afrika weer by die Olimpiese Spele in Tokio kan verteenwoordig. Hy behoort selfs internasionaal wedlope te kan wen.

Dit is beslis ’n haalbare doelwit. In 2018 in Nederland het Van Rensburg ’n persoonlike beste tyd van 1:45.18 opgestel. In daardie stadium was hy skitterend op dreef. Vinniger tye het na ’n blote formaliteit gelyk. Sport is ongelukkig met tye wreed.

Té gereeld, net wanneer Van Rensburg amper op sy beste was, is hy deur ’n besering tot stilstand gedwing. Dit het gelei tot meer ure in spreekkamers as wat die Tuks-atleet wou hê. Teen die einde van verlede seisoen het hy sy heup beseer. Dit het sy frustrasievlakke nog meer opgejaag.

Rynhardt van Rensburg
Die Tuks-atleet Rynhardt van Rensburg hoop om die beseringspook wat hom die afgelope jaar of wat gereeld op die kantlyn gehou het af te skud en vir volgende jaar se Olimpiese Spele te kwalifiseer. Foto: Andries Kruger

Maar dan is Van Rensburg iemand wat eerder die “glas as halfvol as halfleeg” sien. Hy beskou die inperkingstyd wat op die uitbreking van die Covid-19-pandemie gevolg het as ’n bedekte seën. Vir amper twee maande het hy glad nie geoefen nie. Dit het sy liggaam kans gegee om te herstel. Die honger om te wen is ook terug. ’n Bykomende bonus is dat sy vaardighede in rekenaarspeletjies ook toegeneem het.

Die 800 m-wedloop is een van die moeiliker wedlope in atletiek. ’n Atleet moet letterlik op sy voete kan dink, want partykeer gebeur dit dat ’n wedloop soos ’n nimmereindigende naelloop voel. Ander kere is dit ’n kat-en-muis-speletjie tot en met die laaste 100 of so meter.

As ’n junior atleet het Van Rensburg verkies om sake te dikteer deur voor te hardloop en die pas van meet af warm te maak, maar later het hy meer takties begin raak.

“Ek moet nog besluit wat my benadering aanstaande jaar gaan wees,” sê hy. “Dit is nooit maklik nie, want elke wedloop is anders. Ek het my beste tyd gehardloop toe ek van meet af voor was. Wat dinge moeilik maak, is dat daar meestal in belangrike internasionale wedlope pasaangeërs is. So, dit dien nie regtig ’n doel om te vinnig te begin nie.

As ek dít kan regkry, kan dit beteken dat meer belowende atlete ná skool steeds sal bly deelneem.

“Aan die ander kant kan jy ook nie te lank wag voordat jy versnel nie. Deesdae is enige gesoute 800 m-atleet in staat om te ‘skop’ oor die laaste 150 m. Die beste is dalk om nie dinge te oordink nie en net te hardloop,” sê Van Rensburg wat op die 2015-Wêreldkampioenskap en die 2016-Olimpiese Spele in aksie was.

Die Tuks-atleet het ’n graad in bemarking, maar in die lig van sy moontlike deelname aan aanstaande jaar se Spele verkies hy om vir nou by Hoërskool Garsfontein af te rig. Dit is iets waaroor hy passievol is.

“Dit gebeur te gereeld in hoërskool-atletiek dat atlete te vroeg te hard gedruk word. Dit is omdat wen so belangrik geraak het. Alles gaan oor medaljes.

“Vir my gaan dit oor die groter prentjie. Ek wil atlete inspireer om ’n liefde vir atletiek te ontwikkel.

“As ek dít kan regkry, kan dit beteken dat meer belowende atlete ná skool steeds sal bly deelneem.”

Die Tuks-atleet Rynhardt van Rensburg hoop om die beseringspook wat hom die afgelope jaar of wat gereeld op die kantlyn gehou het af te skud en vir volgende jaar se Olimpiese Spele te kwalifiseer. Foto: Andries Kruger
Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio  |  Pretoria  |  Atletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.