Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Uitbreek van ABO by Voortrekkermonument herdenk

Die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog (ABO) is Sondag by die Voortrekkermonument (VTM) in Pretoria herdenk.

Oorlog is op 11 Oktober 1899, ’n dag ná pres. Paul Kruger se verjaardag, verklaar. Die Zuid-Afrikaansche Republiek, met sy ryk goudvelde en strewe na onafhanklikheid van Britse imperialisme, het oorlog teen die Britse Ryk verklaar.

Susanna, ’n Britse skeepskanon, in aksie.Foto: ISABEL VENTER

Die 120ste herdenking is met onder meer ’n spesiale perde-rit vanaf Fort Klapperkop na Fort Schanskop op die VTM-terrein gevier.

Ruiters van Pretoria op hul Arabiere, Fries- en Boerperde, het die rit meegemaak onder leiding van Theunis en Fiona van Staden.

Hulle rit was ook ’n nabootsing van hoe ruiters in die ABO boodskappe tussen die verskillende kommando’s oorgedra het.

Sondag het hulle juis bevestig dat Fort Schanskop die boodskap, “Paul Kruger. Groet Julle. 13 Oktober 2019.” van Fort Klapperkop ontvang het. Die boodskap is per heliograaf uitgestuur.

Perde is nie net vir oorlogvoering gebruik nie.

By Fort Schanskop is daar selfs ook ’n spesiale plekkie waar die rol van die perd in die ABO onthou word. In die ABO is daar oor rowwe terrein oor duisende vierkante kilometers oorlog gevoer. Die vinnige verskuiwing van mense en voorrade is meestal met perde en muile uitgevoer.

Sondag se verrigtinge is afgesluit met ’n dawerende skoot van Susanna, ’n skeepskanon van ses pond wat uit die 1820’s dateer.

Die kanon is in die 1970’s by ’n skool in Kaapstad opgegrawe, maar kan nog net so hard brul soos in haar fleur. Hennie Coetzee kyk deesdae na Susanna en werk met fyn berekening haar buskruitladings uit.

Meer oor:  Pretoria  |  Voortrekkermonument  |  Herdenking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.