Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Uitstalling met 200 werke te sien

Die grootste jaarlikse uitstalling van beeldhouwerk in Suid-Afrika is in volle gang by Melrose Arch in Johannesburg.

Remnant Boy deur Kobus la Grange.

Die uitstalling van meer as 200 werke, deur meer as 90 gevestigde en opkomende beeldhouers van oor die land heen, is nog tot 29 September te sien.

Die kunswerke in SculptX sluit in beelde uit brons, staal, klip, hout, kristal, gras, glas, veselglas en selfs virtuele werklikheid.

“Die uitstalling is nogal ’n aanslag op die sintuie, maar op ’n uiters stimulerende, positiewe manier.

“Om so baie beeldhouwerke in een ruimte te sien van so baie mediums en style, is baie seldsaam, en dit blyk baie gewild te wees,” sê Craig Mark, direkteur van The Melrose Gallery.

Meer as 350 werke is deur die kurators, Megan Theunissen en Ruzy Rusike, vir die uitstalling oorweeg.

Kobus la Grange van Kaapstad, van wie daar vier beeldhouwerke uitgestal word, sê hy het lank uit soliede hout gewerk, maar toe besef hy hy kan ook iets interessant van die stukke maak wat afgesny word. Dit is hoe Remnant Boy ontstaan het.

Die beeld is uit afval-jelutong-hout wat hy by ’n dekorfabriek opgelaai het, geskep in die proporsies van ’n agtjarige kind.

“Die werk lewer kritiek op hoe ons lewe – ons verbruik om te bly leef, maar vir hoe lank?

“Sy liggaamshouding dui daarop dat hy diep dink. Ek het doelbewus die gate of leemtes tussen die hout gelaat wat daarop dui dat mense nie volmaak is nie – ons vergeet, is nie bewus van alles nie. Daar is ruimte om te groei.”

New Breed deur Ruhan Jansen van Vuuren.Foto’s: The Melrose Gallery

Met SculptX hoop die organiseerders om ook belangstelling in sowel vrouebeeldhouers as jong beeldhouers van voorheen benadeelde gemeenskappe te wek.

Die beeldhouwerke word binnenshuis en buite ten toon gestel by onder meer The Melrose Gallery, die Daytona-vertoonlokaal, Stanlib, die African Pride Hotel, Letsema Holdings, One On Whiteley en die Galleria.

Gevestigde kunstenaars wat uitstal, is onder andere Noria Mabasa, Willie Bester, Pitika Ntuli, Vusi Khumalo, Wilma Cruise, Gordon Froud, Adejoke Tugbiyele en Strijdom van der Merwe.

Meer oor:  Melrose Arch  |  Johannesburg  |  Beeldhouwerk  |  Kuns  |  Uitstalling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.