Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Vandale plunder Randfontein-substasie

Vandale het verlede week ty-dens beurtkrag ongeveer R2 miljoen se skade by die substasie naby die Aranda-tekstielfabriek in Randfontein aangerig, wat tot ’n kragonderbreking van twee dae vir plaaslike fabrieke gelei het.

“Die Rand West City-munisipaliteit, wat Randfontein bedien, is reeds onder geweldige finansiële druk en kan skaars die mas opkom om noodsaaklike infrastruktuur te onderhou en te herstel,” sê Charles Brough, plaaslike VF Plus-raadslid.

“Hierdie tipe vandalisme plaas die munisipaliteit in ’n nog groter finansiële krisis.”

Die Randfontein-substasie het tydens beurtkrag onder vandale deurgeloop wat ongeveer R2 miljoen se skade aangerig het. Plaaslike fabrieke was vir twee dae sonder krag terwyl herstelwerk gedoen is.

Die substasie is tydens beurtkrag, wat net ná 20:00 op 16 Februarie plaasgevind het, geplunder en sodanig beskadig dat dit nie ná die beurtkrag weer aangeskakel kon word nie.

Herstelwerk is reeds gedoen, maar Brough meen sekuriteitsmaatreëls by kragstasies moet verskerp word.

“Daar is ook twee ander substasies in die omgewing wat al onder vandale deurgeloop het, maar steeds is niks gedoen om veiligheid te verbeter nie,” sê hy.

“ ’n Plaaslike fabriek het byvoorbeeld aangebied om die Randfontein-substasie te omhein.” – Marthinus Koekemoer

Meer oor:  Randfontein  |  Vandale  |  Substasie  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.