Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Veeartse van Pretoria help olifant in Pole

Dit was nie ’n beer met ’n seer tand nie, maar wel ’n 5,5 ton-olifant met een. Totdat twee veeartse van Pretoria tot sy redding gekom het.

Prof. Adrian Tordiffe (regs) van die Universiteit van Pretoria is een van twee veeartse van Tuks wat onlangs gehelp het om Ninio, ’n Afrika-olifant in die Poznan-dieretuin in Pole, se tand te verwyder. Dr. Ewa Zgrabczynska, die direkteur van die dieretuin, hou ’n wakende oog.

Boonop moes die redders sowat 14 000 km, altesame 33 uur, reis om Ninio, ’n Afrika-olifant van die Poznan-dieretuin in Pole, van sy kwaai pyn te verlig.

Proff. Gerhard Steenkamp en Adrian Tordiffe van Tukkies het vasgestel dat die oorsaak van Ninio se lyding infeksie in een van sy tande is.

“Ek het sterk verdowing gebruik, waarvoor ek spesiale toestemming moes kry om dit na Pole te neem.”

Ninio is met ’n hyskraan op sy sy gedraai nadat hy ongemaklik omgeval het nadat hy verdoof is. Steenkamp kon gou bevestig dat om die tand te verwyder die enigste opsie was.

“Gerhard kon redelik vinnig die tand uitkry, maar daarna het ons gesukkel om die harde, abnormale ivoor in die kas van die verwyderde tand uit te kry,” sê Tordiffe.

“Gerhard het met ’n reusagtige boor die ivoor in kleiner stukke opgebreek.”

Ná ’n operasie van omtrent vyf ure het die span besluit daar is genoeg van die ivoor verwyder vir die wond om te genees.

“Ons het Ninio die teenmiddel vir die verdowing gegee en hom weer op sy maag omgerol om hom te help om makliker op te staan,” sê Tordiffe.

“Ons het Ninio pynstillers in ’n waatlemoen gevoer. Sowat twee dae ná die operasie was Ninio weer naby aan sy ou self.”

Steenkamp en Tordiffe het baie ondervinding met die behandeling van olifante se tande. Hulle het Ninio ook in 2012, 2013 en 2015 behandel.

Ons het Ninio pynstillers in ’n waatlemoen gevoer. Sowat twee dae ná die operasie was Ninio weer naby aan sy ou self.

“Gerhard se tegniek om tande te verwyder is nou al baie goed, maar ons het beter instrumente nodig om die stukke tand wat oorbly te verwyder,” sê Tordiffe.

“Daar is ook verdere ontwikkeling van pynmedisyne vir ná die operasie nodig. Elke geval het sy eie unieke uitdagings, maar soos ons meer ondervinding opdoen, kan ons nuwe idees gebruik en aanpas soos dit nodig is.”

Steenkamp en Tordiffe het verlede jaar ’n Asiatiese olifant se tand in die Tbilisi-dieretuin in Georgië verwyder.

Steenkamp doseer tandheelkunde en maksillofasiale chirurgie van diere by die veeartsenykunde-fakulteit by Tukkies en Tordiffe is ’n veeartseny-spesialis van wilde diere.

Meer oor:  Pole  |  Pretoria  |  Veeartse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.