Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
VF Plus gryp in oor twee begraafplase

Die VF Plus het ter ingryping die Rand West City-munisipaliteit versoek om dringend aandag te skenk aan die instandhouding van die Weston-aria- en Greenhills-begraafplaas.

“Ons is oorval met klagtes van bekommerde inwoners wat weens die terrein se toestand feitlik nie die grafte van hul geliefdes kan besoek nie,” sê Charles Brough, VF Plus-raadslid in die Rand West City-munisipaliteit.

Die Greenhills-begraafplaas in Randfontein is toegegroei onder lang gras, grafte is beskadig en riool vloei daardeur.

In die Westonaria-begraafplaas groei bome uit grafte, sommige grafte het ingesak en die gras staan kniehoogte.

“Die munisipaliteit het aangedui dat daar ’n kontrakteur aangestel is wat eersdaags sal begin met die instandhouding van die terrein van die Greenhills-begraafplaas, maar daar is nog nie ’n kontrakteur vir Westonaria aangestel nie,” sê Brough.

“Verskeie mense betaal self private ondernemings om die gras rondom grafte te sny. Dis egter die munisipaliteit se plig om munisipale regulasies na te kom en begraafplase te onderhou, veiligheidsmaat­reëls in te stel en vandalisme te verhinder.”

Brough sê die VF Plus het die munisipaliteit ook versoek om dadelik te sorg dat skoon water beskikbaar is, toiletgeriewe bruikbaar is en asblikke verskaf word.

“Inwoners het die reg om sonder vrees begraafplase en openbare parke te besoek,” sê hy. – Marthinus Koekemoer

Meer oor:  Instandhouding  |  Begraafplase
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.