Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Vrae oor R1 miljoen vir net ’n maand se werk

Opposisiepartye meen verdere ondersoek moet ingestel word na die net meer as R1 miljoen wat die Gautengse departement van gesondheid vir een maand se werk aan ’n diensverskaffer betaal het.

Sekela Consulting and Xabiso Chartered Accountants is nagenoeg R1,06 miljoen betaal om finansiële state en die verslag vir die 2018-’19-boekjaar na te gaan.

Volgens Jack Bloom, DA-woordvoerder vir gesondheid in Gauteng, is die gewone tenderproses nie gevolg toe die kontrak aan Sekela toegeken is nie.

“Soos met ander verdagte kontrakte is ’n oop tenderproses nie vir hierdie kontrak gevolg nie,” sê hy. “Om een of ander rede het die Ekurhuleni-metro se stadsbestuurder die kontrak afgeteken.

“Dis ook vreemd dat die voormalige finansiële hoof, Kabelo Lehloenya, wat tans vir die moontlike korrupte toekenning van kontrakte vir persoonlike beskermende toerusting ondersoek word, hierdie maatskappy aangestel het.”

Maar volgens antwoorde wat Jacob Mamabolo, waarnemende LUR vir gesondheid, verskaf het op Bloom se vrae of daar enige ongerymdhede geïdentifiseer is met die toekenning van die kontrak en of die regte prosesse nie gevolg is nie, was daar niks verdag aan Sekela se aanstelling nie.

“Die departement het nie die kapasiteit om self die taak te verrig nie,” sê Mamabolo.

Bloom is nie die enigste opposisielid wat die toekenning van die kontrak bevraagteken het nie. Amanda se Lange, VF Plus-LW, is besig om ’n regsmening oor die aangeleentheid in te win.

“Die blatante gebruik van die ANC-regering om konsultante aan te stel en hulle reuse-konsultasiefooie te betaal, is weer ’n bewys van hoe losbandig hulle met belastinggeld werk,” sê sy.

“Die VF Plus het reeds ’n voorlegging aan die staande komitee oor openbare rekeninge gemaak, waarin klem gelê is op departemente wat konsultante aanstel pleks daarvan om van amptenare gebruik te maak.

“Senior amptenare verdien meer as hul eweknie in die privaat sektor en daarom word dit van hulle verwag om hul werk na behore te doen. Die regulasies oor besteding is streng en daarom moet departemente waaksaam wees wanneer daar met belastinggeld gewerk word.

“Om die stelsel blatant te misbruik is onaanvaarbaar en daarom eis die party dat amptenare wat by sulke ongerymdhede betrokke is, verantwoordbaar gehou word.

“David Makhura, premier van Gauteng, waarsku gereeld teen korrupsie en nepotisme. Dit is tyd dat hy die daad by die woord voeg en betekenis aan sy uitsprake gee.”

Meer oor:  Jack Bloom  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.