Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Beeld
Wierie skiet by provinsiale toernooi

Francois Anthonissen (13), ’n gr. 7-leerling aan die Laerskool Wierdapark, skiet van Woensdag af pyl-en-boog by die interprovinsiale toernooi wat op Emalahleni gehou word.

Francois het eers aan die einde van 2017 begin boogskiet, maar ná sy uitstekende vertonings in vanjaar se skolekompetisies, waar hy elke keer onder die eerste drie in sy ouderdomsgroep geëindig het, is hy by die Gauteng-Noord-span ingesluit.

Francois Anthonissen, ’n gr. 7-leerling aan die Laerskool Wierdapark, skiet van vandag af by die interprovinsiale toernooi in Emalahleni pyl-en-boog. Foto: Marthinus Koekemoer

“Ek het verlede jaar die eerste keer by ’n toernooi geskiet,” vertel Francois.

“My ma het my in 2017 by ’n plaaslike klub ingeskryf nadat ek my eie pyl-en-boog van boomtakke en blare en ’n voël se vere gemaak het.”

Francois erken dat sy eie boog nie ’n groot suksesstorie was nie en dat dit nie juis vergelyk kan word met die boog waarmee hy deesdae skiet nie. Die boog wat hy nou gebruik, is van verskillende metale gemaak, het wiele waaroor die snare gespan word en kan in sy woorde “akkuraat en sterk” skiet.

“As ’n mens korrel, is dit belangrik om doodstil te staan en heeltemal te fokus op wat jy doen,” sê Francois. “Wanneer ek besig is om te skiet vergeet ek van alles anders.”

In die kompetisies waaraan Francois deelneem, skiet hy 30 pyle oor afstande van 10 en 15 meter. ’n Kolskoot tel 10 punte en die punte wat toegeken word, verminder soos die pyl na een van die wyer sirkels uitwyk. Die maksimum telling wat aangeteken kan word, is 300 punte. Francois se hoogste telling in ’n kompetisie is 258 punte en in ’n oefening het hy al 270 geskiet.

Hy oefen twee keer per week by die Centurion-boogskietklub en by die huis oefen hy saam met sy ma, Lehonie, wat ook ’n provinsiale boogskutter is.

Francois het twee tarantula-spinnekoppe. Diere is sy passie en hy wil eendag ’n veearts word.

Francois Anthonissen, ’n gr. 7-leerling aan die Laerskool Wierdapark, skiet van vandag af by die interprovinsiale toernooi in Emalahleni pyl-en-boog.Foto: Marthinus Koekemoer
Meer oor:  Uitblinker  |  Jip  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.