
Die Hoërskool Centurion se eerste krieketspan het die onlangse Noord-Suid-T20-toernooi gewen toe hulle in die eindstryd met die Hoërskool Menlopark afgereken het. Jonathan Vorster van Woeries is as bouler van die eindstryd aangewys nadat hy 2 paaltjies vir net 21 lopies platgetrek het. Skole vanoor die land heen het deelgeneem. Centurion het ook tydens die toernooi met Rondebosch Boys High en Grey-kollege afgereken. In die foto verskyn Joubert Eybers met sy rug na die kamera. Hy omhels Vorster. Die ander twee spelers is Henré Hayes en Ryan Salomon. Foto: FRANCOIS NAUDÉ