Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Die Akademie: van fokus op Afrikaner na fokus op taal

Op 2 Julie 1909 is die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gestig. Dit was swaarkryjare vir die Afrikaner, ná die Anglo-Boereoorlog en net voor die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika. Sy oorspronklike naam was De Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst. Die eerbiedwaardige pres. M.T. Steyn was die eerste voorsitter.

Die Akademie se primêre doelstelling is die bevordering van die wetenskap, tegnologie en literatuur in Afrikaans. ’n Verkose raad en ’n administrasie staan onder leiding van ’n hoof- uitvoerende beampte.

Die historiese Engelenburghuis teen die westelike hang van Meintjeskop, naby die Uniegebou in Pretoria, dien as kantoor. F.V. Engelenburg was redakteur van De Volkstem en het sy huis aan die Akademie bemaak. ’n Gewaardeerde inkomste van die Akademie is juis deurlopend groot en klein erflatings van individue.

Die eerste jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 1910, met oudpresident M.T. Steyn sittend in die middel as voorsitter (Akademie-versameling. Foto: Verskaf

Die Akademie is ingedeel in twee fakulteite; geesteswetenskappe, en natuurwetenskap en tegnologie. Daar is verskeie kommissies. Die Taalkommissie is met sy gereelde vir die standaardisering van Afrikaans as skryftaal verantwoordelik. Die eerste AWS het al in 1917 verskyn – agt jaar voor Afrikaans as amptelike taal erken is. Die Akademie het in 2017 ’n faksimilee-uitgawe hiervan uitgegee.

Die letterkundekommissie bepaal die wenner van die gesogte Hertzogprys, vernoem na genl. J.B.M. Hertzog. ’n Paar keer was die toekenning in omstredenheid gedompel. Die kommissie het onlangs ’n ou onreg reggestel toe die Hertzogprys vir drama aan Adam Small toegeken is kort voor sy dood. Bekronings en pryse vir prestasies in die wetenskappe en kunste vind jaarliks plaas.

Die bevordering van geskiedenis speel ’n prominente rol in die organisasie. Tog het die Akademieraad eers in 1968 ’n geskiedeniskommissie ingestel. In 2012 het die kommissie ’n boek, Geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag, gepubliseer. Twee jaar later het dit in Engels verskyn met die titel A History of South Africa: From the Distant Past to the Present Day.

Sedert 2016 stel die Akademie ruim nagraadse beurse beskikbaar aan studente wat hul studie in Afrikaans onderneem. Dit borg ook Afrikaanse publikasies en navorsing van gehalte.

Die oorspronklike doel was om die belange van die Afrikaner te bevorder. Vandag dien die Akademie die hele Afrikaanse taalgemeenskap ter wille van die behoud van die akademie in Afrikaans.

Die Akademie het die afgelope 110 jaar ’n bydrae gelewer om Afrikaans tot ’n moderne wetenskap-, kultuur- en onderwystaal uit te bou.

Meer oor:  Terugblik  |  Afrikaans  |  Aktueel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.