Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Feesgangers verken Magalies

Oud en jonk het dié naweek op die Magalies Rocks the Cradle-fees ’n paar items van hul kluitklaplys afgemerk.

Noreen Pitt (86) van Kyalami in Johannesburg, het op dié jaarlikse fees vir die eerste keer ooit in ’n helikopter gevlieg.

Juandré Vorster (3) van Magaliesburg was in sy noppies toe hy die geleentheid kry om kerse in die vorm van ’n bootjie en ’n karretjie in warm, helderkleurige kerswas te doop.

Bill Harrops het Saterdagoggend douvoordag begin om net buite Hekpoort ritte in sy lugballonne aan die feesgangers te bied.Foto’s: MARIUS NORTJÉ
Noreen Pitt (86) (regs) en haar dogter, Lynn West, gereed vir hul eerste helikoptervlug ooit. Hayley Cummings was vlieënier.

Die feesgangers kon die gebied ook in lugballonne verken.

“Dit is nou die vierde jaar wat ons die fees aanbied,” sê Hannelie Hartman, voorsitter van die Magalies se sake- en toerismeforum, wat die fees gereël het.

“Dit was die beste jaar wat ons tot nog toe beleef het, wat bewys die fees kry momentum.”

Hartman sê die fees is uniek omdat dit op sowat 50 verskillende liggings gehou word. “Daar was omtrent 130 uitstallers.”

Die feesgangers kon in die drie dae wyn en roomys proe, kunsuitstallings bywoon, leer hoe om pastei te bak en die alpakkas vryf. “Die geleenthede op die plase, soos om die alpakkas te vryf, was veral gewild omdat mense nie gereeld aan sulke ervarings blootgestel word nie,” sê Hartman.

Juandré Vorster (3) was heel in sy noppies met sy bootjie- en karretjiekerse wat hy in helderkleurige kerswas gedoop het.
Die alpakkas by Alliepad Alpakkas, waar daar ook ’n weeffees gehou is, was ’n hoogtepunt.
Die Magalies Rocks the Cradle-fees het ook ’n paar wedlope aangebied wat baie goed ondersteun is.
Die mesmaker Bertie Rietveld se messe is op die fees uitgestal. Dié spogvoorbeeld kos om en by R15 000 en hy het dit ingeskryf vir die internasionale messkou in Moskou.
Twee boerbokke word op die boerbokskou-en-veiling, wat deel van die fees was, uitgestal.
Dié massiewe melkskommels het omtrent ’n energiegolf veroorsaak.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.